AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kaap Agri laat hom nie onderkry deur taai handelstoestande

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
’n Verwagte daling in plase se winsgewendheid sal waarskynlik ’n invloed hê op Kaap Agri se prestasie in die komende maande.

Mnr. Sean Walsh, uitvoerende hoof van Kaap Agri, het tydens die bekendmaking van die maatskappy se halfjaar finansiële resultate (tot einde Maart) gesê die meeste landboubedrywe verwag goeie oeste, maar boerderye se winsgewendheid hang van weerstoestande af, terwyl wegholstygings in produksieskoste, veral kunsmis, winste kan knou.

Hy meen die koring- en kanolavolumes kan in die nuwe boekjaar normaliseer ná twee jaar van rekordoeste.

“Die koring- en kanola-aanplantings sal soortgelyk wees aan die vorige jaar, maar ons volumes sal waarskynlik nie dieselfde wees nie, want die reën is reeds laat.”

Hy verwag ook dat vrugte-uitvoer die wind van voor gaan kry weens bykomende koste in die verskaffingsketting en laer pryse op buitelandse markte.

“Die logistieke probleme bly, maar voortdurende samewerking tussen hawe-owerhede, logistieke operateurs en boerdery-ondernemings sal bydra om hawens doeltreffender te maak.”

Volgens Walsh sal die volle impak van die konflik tussen Rusland en Oekraïene nog gesien moet word.

“Sanksies kan Suid-Afrika se uitvoer na dié markte demp. Dis ook kommerwekkend dat Rusland die wêreld se leidende uitvoerder van kunmisgrondstowwe is.”

Goeie prestasie

Volgens mnr. Graeme Sim, finansiële direkteur, was die groep se prestasie steeds goed te midde van groot handelskwessies. Bruto wins het met 14,2% gegroei.

“Inkomste het met 26,7% gegroei tot R7,2 miljard met verkope wat 22,9% toegeneem het. Die aantal transaksies het met 7,7% gegroei, aangedryf deur nuwe transaksies, hoofsaaklik van The Fuel Company se kant af.”

In dié tyd het produkinflasie meer as 20% beloop.

Kaap Agri se verdienste voor rente, belasting en amortisasie (ebidta) het met 13% gestyg tot R398 miljoen (dit sluit enige winste wat die maatskappy ontvang of betaal het uit). Herhalende wesensverdienste het met 15% toegeneem en die herhalende wesensverdienste per aandeel het met 351 sent gegroei.

“Ons het ’n halfjaardividend van 46c verklaar. Dis 15% op teenoor verlede jaar se halfjaardividend van 40c per aandeel.

Ten spyte van slegs die tweede keer in dertien jaar dat inflasie bo 10% was vir talle van Kaap Agri se afdelings, kon die maatskappy sy markaandeel vergroot. Veral Agrimark, New Holland, Agrimark Grain en Forge het fluks gegroei die afgelope ses maande, sê Walsh.

“Die brandstofsektor het 5% tot 8% minder brandstof verkoopn die tydperk, maar die Kaap Agri-groep se verkope is slegs 1,3% af. Dis danksy boerdery- en kommersiële volumes wat gegroei het, terwyl pendelaar-volumes gedaal het.

“Groot belanghebbendes in die boumateriaalsektor se verkope was ook af van Januarie tot Maart, terwyl Agrimark se verkope op is met 7,5%.

“En derdens, is die relatiewe hoë persentasie nuwe klante aan wie ons kredietgeriewe toegestaan het ’n goeie aanduider van die gesondheid van ons landboubesigheid. Nuwe klante maak in waarde sowat 30% van groter geriewe uit.”

Die eerste ses maande se verdienste dra gewoonlik die grootste deel by tot die voljaarverdienste.

“Ons verwag dat die algehele prestasies in ooreenstemming sal wees met die bestuur se mediumtermynteikens,” sê Walsh.

Zeder se ontbondeling van Kaap Agri-aandele het sowat vier dae ná die verslagdoeningstydperk gebeur.

“Aandeellikiditeit sal na verwagting toeneem en Kaap Agri verwelkom alle nuwe aandeelhouers.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.36
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
960.37
+0.1%
Palladium
1,425.03
+0.6%
Goud
1,968.29
-0.3%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,895
+0.6%
Alle aandele
76,491
+0.6%
Hulpbronne 10
66,803
+0.5%
Industriële 25
103,344
+1.0%
Finansiële 15
15,609
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot