AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Kampdrade en veldbestuur sy droogteversekering

akkreditasie
’n Egpaar én boerderyvennote: mnr. Douglas en mev. Liz Stern.
’n Egpaar én boerderyvennote: mnr. Douglas en mev. Liz Stern.
Draad vir kleiner weikampe is die beste versekering wat jy teen droogte kan kry, sê mnr. Douglas Stern, Karooboer en voorsitter van Agri Oos-Kaap. Nie net word veldherstel aangewakker nie, maar selfs parasiete kry op dié manier nie ’n houvas op die vee nie.

Dis so goed jy ry die prentjie van droogte binne wanneer jy op die R75 uit Port Elizabeth verby Wolwefontein en Jansenville na Graaff-Reinet ry. Skape en bokke, plek-plek op kaal weiveld, is die getuienis van die vierde agtereenvolgende droogtejaar in dié streek.

Boere uit ander streke in die land skenk tonne lusern- en grasbale aan dié boere. Op die plaas Rietpoort naby Nieu-Bethesda is lusernbale tot teen die dak van die skuur gestapel. Droogtehulp? “Nee,” antwoord mnr. Douglas Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap en eienaar van Rietpoort, “dit kom uit my eie lusernland”.

Ongelooflik, in dié verwoestende droogte. Sy vrou, Liz, onthou nog goed toe die ordentlike reën geval het, waarna die lusernlande naby die opstal weer natgelei kon word. “In Oktober, November verlede jaar het dit gereën, maar dit was min en die hitte het alles weer vinnig droog gemaak. Die goeie reën het op 21 Januarie vanjaar uitgesak.”

Douglas staan nader met ’n groot aantekeningboek, blaai daardeur en sê dan: “Die laaste jaar van normale reënval was in 2014. In 2015, 2016 en 2017 was dit ver ondergemiddeld.” Douglas en Liz is so presies met die datums, want deeglike rekordhouding, onder meer van reënval en weiveldtoestande, is die kern van hul skaap- en beesboerdery.

“My vrou is ’n bleddie goeie boer. Sy weet presies wat op die plaas aangaan,” sê Douglas. Liz glimlag. “Ek weet hoe die vee én veld vir ’n suksesvolle veeboerdery bestuur moet word. Die belangrikste is om by die beginsels van onder meer kampwisseling en plantegroeimonitering te bly.”

Sedert 1978, toe Douglas die leisels van die familieplaas naby Nieu-Bethesda oorgeneem het, het hy nie daarin geglo dat net een mens alles moet kan doen nie. “Één kitaarslaner in enige opsig werk nooit nie.”

Omdat hy in die 1980’s ook nog op weermagkampe moes weggaan (ná sy verpligte diensplig het hy vir nog nagenoeg 20 jaar lank vrywillige weermagdiens gedoen), het hy Liz spesiale boerderykursusse laat volg. Dit het onder meer die Stan Parsons-kursus in veebestuur vir veldverbetering ingesluit sodat sy die boerdery naatloos sou kon oorneem indien iets met hom gebeur.

Noudat Douglas ook voorsitter van Agri Oos-Kaap is en dié verpligtinge hom grotendeels uit die boerdery hou, sorg Liz dat al Douglas se boerderybeplanning tot in die fynste detail uitgevoer word.

Hul seun, Dave, self ’n veeboer op die nabygeleë plaas Quaggasvlei, kyk dat die bedryfsy van die boerdery – die merk van lammers, sny van lusern en skeertyd – klopdisselboom verloop.

Een voordeel van die vinnigwissel-kampbeweidingstelsel is dat minder arbeid nodig is. Mnre. Aubrey Abrahams (links) en Frans Williams (regs), hier by Douglas Stern, is die enigste twee plaaswerkers op Rietpoort.

“Nog twee sleutelmense in die boerdery is die enigste twee werkers op die plaas, mnre. Frans Williams en Aubrey Abrahams. Hulle ken die veld en vee net so goed soos ek, Liz en Dave,” sê Douglas.

Dié vyf mense bedryf die boerdery met die 2 000 Dohne-Merino’s en Tuli-beeste. Die Tuli’s se getalle wissel van 40 tot 100 na gelang van die weiveldtoestande. Douglas glimlag. “Ek is meestal weg . . . net nóg ’n voordeel van die Allan Savory-boerderymetode. Jy het nie soveel mannekrag nodig nie.”

DIE ALLAN SAVORY-METODE

Douglas het reeds in 1981 op dié rigting besluit toe hy besef het die veld is só uitgeput dat die plaas nooit genoeg sou oplewer sodat hy vir sy gesin kan sorg nie. ’n Reuse-sandpan het ook langs die toegangspad na die plaas gelê.

Juis in daardie tyd het mnr. Allan Savory, wêreldbekende ekoloog en voorstander van holistiese landboubestuur, in die distrik kom praat, en Douglas het gaan luister. Hy het besef die reuse-, hardgebakte pan op sy plaas kon deur drukbeweiding weer bruikbare weiveld word. Gevolglik het hy bank toe gegaan vir ’n lening en sy hele plaas as kollateraal aangebied.

Die bankbestuurder wou aanvanklik nie die lening toestaan nie, want die leningsbedrag was twee maal die bruto inkomste wat die plaas in daardie stadium opgelewer het. “Wat die knoop deurgehak het, was die ordentlike finansiële plan met ’n gedetailleerde kontantvloeiformaat wat ek voorgelê het. Dít was ook deel van die Savory-opleiding.”

Met dié geleende geld het Douglas draad gaan koop en sy plaas in kleiner weikampe opgedeel. Die Allan Savory-boerderybeginsels kom neer op gesonde grond, gesonde plantegroei en gesonde vee. Dit word moontlik gemaak deur hoëdrukbeweiding in kleiner kampe. wat deel is van “holistiese bestuurspraktyke”.

Gereelde kampwisseling is ’n kernelement. Vanweë die unieke aard van die wawiel-uitleg is min werkers nodig om die vee van een kamp na ’n ander te skuif. Op Rietpoort is net twee werkers nodig. “In 1992 het ons die plaas Quaggasvlei, byna twee keer so groot as Rietpoort, aangekoop met wins uit Rietpoort. Die doel was om ons seun, Dave, die geleentheid te gee om te kan boer,” sê Douglas.

Dit is byna ondenkbaar dat dié veld eens op ’n tyd ’n sandpan met hoofsaaklik ’n harde korslaag was.

SANDPAN HET VERDWYN

Die beste getuigskrif vir die welslae van dié metode is die eens reusesandpan waarop die plantegroei deesdae só hoog staan dat jy skaars die vee kan sien.

“Ek het die sandpan in klein kampe opgedeel en voer en drinkwater uitgesit. Die beeste het kampie vir kampie die kors stukkend getrap én hul urine en mis in die grond getrap. Kampie vir kampie is die sandpan in sagte grond, ontvanklik vir ontkiemende saad, omgeskakel.”

Douglas wys na ’n kriebossie, verswelg deur gras. “Die gras groei nou weer so lustig, dit druk die pioniersplante, soos die harde kriebossie, uit. Waar jou grond verniel en uitgeput is, kom die pioniersplante met hul penwortelsels om grondherstel aan te help.”

Die pan wat ryk weiveld geword het, is steeds in kampe verdeel ter wille van veldbehoud. Vanuit die lug sal die kampe se grensdrade, wat elkeen uitloop op ’n sentrale water- en voerpunt, lyk soos die speke van ’n wawiel.

Omdat die vee na hierdie middelpunt vir hul water en lusern kom, is die verskuiwing van een kamp na ’n ander baie maklik omdat die een kamp se hek toe- en die volgende kamp se hek oopgemaak word.

Die middelpunt van een van die wawielkampbeweidingstelsels. Elke kampie, wat soos ’n kaaswiggie om dié punt loop, het sy eie hek wat hierheen lei.

Douglas vertel hoe die lede van die 1980’s se grondbewaringskomitee hom destyds gewaarsku het dat hierdie metode voetpaaie en dongas tot gevolg sal hê en ’n nog groter stofpan veroorsaak. “Ek het vir hulle gesê dan moet hulle maar die proses fyn dophou, want ek meen dit sal die teenoorgestelde uitwerking hê.”

Die veel kleiner sentrale gedeelte is vandag weens veeverkeer inderdaad omtrent net sand, maar in die groter geheel is dit die geringste opoffering, sê Douglas. “Kyk nou enige plek…daar is nêrens kaal grond tussen die bossies in die weikampe nie. Net gras! Wat voorheen hardgebakte, droë grond was, is nou die hart van my plaas.”

Hoewel die veld oorgenoeg kos verskaf, word lusern met kopra (’n bron van deurvloeiproteïene) gemeng en vir ooie met lammers uitgesit. Die doel is om die ooie se melkproduksie te verhoog sodat hul lammers vroeër gespeen kan word en teen die ouderdom van 100 dae met ’n gemiddelde liggaamsgewig van 32 kg as stoorlammers verkoop kan word.

In die winter word ureumlekke vir al die vee uitgesit. “Kyk net hoe hoog staan die plante in die weikampe. Die vee sal nie outomaties die droë gras vreet nie. Die ureumlek stimuleer die mikroörganismes in die dier se pens en wek hul aptyt vir droë gras aan.” Dié weidingswawiel in die herstelde sandpan lê binne een van drie groter weikamp- bestuurstelsels op die plaas.

Die bergagtige Karooplaas Rietpoort van 2 600 ha lewer genoeg weiding vir nagenoeg 2 000 skape en enigiets van 40 tot 100 Tuli-beeste. Dít danksy drie beweidingstelsels waarbinne kleiner kampe in wawielformaat tot stand gebring is.

DIE WEIDINGSuitleg

Jy kan nie net jou plaas in weikampe gaan verdeel nie. Jy moet eers jou veld en die topografie deeglik bestudeer, waarsku Douglas.

“In veld met ’n hoë produksie sal die kampe kleiner wees en in die swakker veld groter. Neem ook natuurlike grense, soos kranse, klowe, berge en riviere, in ag. Meet die afstand wat jou watertoevoerpype moet loop. Neem infrastruktuur, soos paaie en geboue, in ag. My drie stelsels se grootte wissel van 12 ha tot 40 ha.”

Sedert 1981 hou die Sterns deeglik rekord van elke kamp se dravermoë. Sodra die vee uit die kamp beweeg, word ’n opname gedoen van hoeveel beweibare plante oorgebly het en hoeveel voeding die plantegroei in die kamp in die volgende beweidingsronde sal kan verskaf. Dié soort inligting help ook bepaal hoe lank die vee in ’n kamp bly.

“Dit kan wissel van een tot sewe dae. Laat die plantegroei dit vir jou vertel. Dit geld ook die rustydperk van elke kamp, wat van 90 dae tot 150 dae kan wissel.”

’n Boer het seker ook goeie plante- en graskennis nodig? “Nee,” sê Douglas, “Allan het van die begin af gesê jy hoef nie alles te weet nie. Hou net dop wat vinniger teruggroei, waarvan die vee hou en wat hulle nog kan vreet. Drukbeweiding het darem tot gevolg dat die gunstelingplante wel gevreet sal word, terwyl die niegunstelingplante nie maklik gevreet sal word nie, maar wel getrap sal word.

“Hou egter jou veldtoestand goed dop, want dit is noodsaaklik dat die plante se wortelstelsel nie beskadig word nie. Hoe minder die reën, hoe langer is die rustydperk voor beweiding, want die plante het minder vog en het langer nodig om te herstel. Hoe hoër die lugvogtigheid en grondvogtigheid, hoe vinniger die rotasie omdat die plantegroei vinniger herstel.”

LUISTER NA DIE NATUUR

Die heel belangrikste is om te kan “luister na die taal van die natuur” en deeglik boek te hou daarvan, want dan sien jy die patrone en rig jou boerdery daarvolgens in. “Uit hierdie statistieke doen jy jou berekeninge tussen jou getal vee, die reënval, die vogtoestande in die grond, grondklimaat en die plantegroei.”

’n Stuk vernielde veld laat hom nie na herstel haas nie, voeg Liz by. “Sedert 1981 sien ons nóú eers dat die swakste grond in die sandpan sodanig herstel het dat dit beweibare veld vir die nageslag kan wees.”

Douglas knik sy kop. “Om te boer, is nie net ’n besigheid nie, dis ’n verantwoordelikheid teenoor die natuur en teenoor die nageslag. Jou boerderyhulpbronne – grond, plante, water en diere – is almal ewe belangrik. ’n Mens kan nooit genoeg kennis oor hierdie vier aspekte opdoen nie.

“Onlangs het ek gehoor van ‘gratis kos’ – direk ná die reën kom al jou eenjarige grassies, pioniersteekgrassies, op. Dis net vir ’n rukkie daar voor die son en somerhitte dit doodbrand. Jy jaag dus jou vee vinnig deur vir sappige weiding voor dit doodbrand.”

Nie een keer tydens die gesprek met Douglas en Liz word daar van droogte gepraat nie. Douglas lag oor dié waarneming.

“Ek dink dis omdat kleiner weikampe, veldbestudering en rekordhouding die beste versekering teen droogte is.”

Danksy sy streng rekordhouding wéét hy wanneer hy sy vee moet verminder, selfs al reën dit nog. In Mei verlede jaar het sy statistieke byvoorbeeld gewys hy moet sy vee verminder, al was daar nog oorgenoeg weiding.

“In 2017 het dit in Februarie gereën, maar nie in Maart nie. Die reënval van die vorige maand sou egter nie ’n impak op die plantegroei gehad het nie omdat Maart baie koud was. Die kouer grondklimaat het die plantegroei gestuit. Ek het my beeste – toe nog in prima kondisie – verminder en uitstekende pryse behaal.”

KLIMAATSVERANDERING

Douglas meen droogtes gaan in die toekoms vererger weens klimaatsverandering, maar dat drukbeweiding se veldherstelvermoë woestynvorming sal kan help voorkom.

“Dit is hoekom dit noodsaaklik is dat ons as rentmeesters van die grond moet probeer om só te boer dat die grondwaterbronne met elke reënbui aangevul kan word. Die reënwater moet kan deursyfer in die grond, dit moenie wegspoel nie.

“Deur drukbeweiding word stukkies gras, stokkies en mis losgetrap. Deur wind en weer vorm dié ‘losgemaal’ walletjies (litterbanks) tussen graspolle, en wanneer dit reën, help dié walletjies nie net om die afloop te stuit nie, maar ook dat saad en mis in die grond insink.

“Hoe meer poreus jou grond, hoe beter – en dít lê alles in die behoud van die boonste 1 mm van jou grond – waar al die mikroörganismes voorkom. Hoe gesonder hierdie bolaag, hoe minder pioniersplante (oftewel indringerplante) sal opkom.”

TERUGKEER VAN KLEINWILD

Wat hom veral opval, is hoe kleiner wild, soos steenbokkies en duikers, in groter getalle terugkeer danksy die veldherstel. Hy wys na ’n groot erdvarkgat langs die tweespoorpad. “Dis groot, nè? Wanneer die reën val, is dit ’n opvanggat wat weer help om die grondwater aan te vul.”

Douglas vertel ook dat die groter getal kleinwild op die plaas help om roofdiere, soos rooijakkalse en rooikatte, se honger te stil. Maluti-veewaghonde dien as suksesvolle buffer teen die roofdiere wat nog skape se kant toe mik. Douglas se seun, Dave, is een van twee Maluti-telers in Suid-Afrika.

“Nóg ’n groot voordeel van die vinnige kampwisseling is dat dit organiese boerdery moontlik maak. Met die monitering het ons besef die parasiete se eiertelling in die mis het gedaal. Ons het toe die lewensiklus van die inwendige parasiet bestudeer en besef die telling neem af omdat die vee gemiddeld elke een tot sewe dae geskuif word, en nie na dieselfde kampie toe terugkeer voor minstens 90 dae nie. Inwendige parasiete se siklus is 17 tot 30 dae, na gelang van die weerstoestande. Om dié rede is ons vee gevrywaar van besmetting. Die enigste probleem wat nog oorbly, is die verlammingsbosluis, en die vee word daarteen gedip.”

Rietpoort se vleis is agt jaar gelede as organies gesertifiseer. “Verteenwoordigers van ’n Duitse maatskappy was hier en het onder meer grondmonsters geneem om seker te maak geen gifstowwe of doseermiddels, wat nie toelaatbaar is nie, word gebruik.”

Intussen het Douglas besluit om die sertifisering te laat vaar, al boer hy nog organies. “Jy moet ’n dikstertkat wees om organies te kan boer . . . en dit kos báié geld.”

“Ek kan leunstoelkritici nie verdra nie. Ek sê altyd sit skouer aan die wiel en raak betrokke, want dit is die enigste manier hoe jy kan help regmaak wat verkeerd is.”

STRYD TEEN SKALIEGAS

Mnr. Douglas Stern was een van die eerste en voorste stryders teen skaliegasontginning in die Karoo. Die vernaamste rede daarvoor is dat die eksplorasieputte en daarna ontginningsputte deur die Karoo se ondergrondse waterbronne geboor gaan word om by die skalieneerslae uit te kom.

“Dít sal die ondergrondse waterbronne erg besoedel of selfs vernietig. My feitesendingsbesoek aan Amerika (BKB het dit geborg) het dit duidelik uitgewys.

“Indien hidrobreking (fracking) ter wille van skaliegasontginning wel toegelaat word, sal dit die Karoo in ’n nywerheidswoestyn omskep. Bundu het eerste in 2010 probeer inkom. Mnr. Derek Light, prokureur van Graaff-Reinet, het ’n praatjie daaroor gegee en as destydse voorsitter van die Sneeuberg-landbouvereniging het ek gaan luister. Ek het dadelik besef watter bedreiging dit vir volhoubare boerdery in die Karoo inhou.”

Getrou aan sy uitgangspunt dat die eenman-kitaarslaner nêrens kom nie, het Douglas soveel moontlik grondeienaars en belangegroepe genader om betrokke te raak.

Toe Shell in Januarie 2011 sy openbare vergaderings oor sy voorgenome skaliegasontginning in die Karoo begin hou het, was talle grondeienaars, asook talle landbouverenigings, onder meer Sneeuberg, reg vir Shell.

Agri Oos-Kaap, toe nog onder die voorsitterskap van mnr. Ernest Pringle, het hom ook by die beswaardes geskaar. Onder aanvoering van Derek, wat toe al honderde beswaarde Karoo-grondeienaars verteenwoordig het, is die Regering na die Hooggeregshof in Grahamstad gesleep oor sy gebrekkige regulasies rakende dié manier van ontginning.

Regter Gerald Bloem het in Oktober 2017 beslis dat die regulasies wat deur die Minister van Minerale Bronne afgekondig is om hidrobreking te beheer, tersyde gestel moet word.

“Die Regering moet nou sy regulasies verander. Dit het nie gestrook met omgewingsregulasies nie,” sê Douglas. Voorts meen hy dat fisieke betrokkenheid die enigste manier is waarop probleme afgeweer of opgelos kan word.

“Ek kan leunstoelkritici nie verdra nie. Ek sê altyd sit skouer aan die wiel en raak betrokke, want dit is die enigste manier hoe jy kan help regmaak wat verkeerd is.”

Sy eie geskiedenis doen sy woorde gestand, onder meer sy jare se vrywillige weermagdiens, sy werk as lid van die ouerbeheerraad waar sy kinders op skool was (hy dien steeds in die raad), sy voorsitterskap van Agri Oos-Kaap en as verteenwoordiger in Agri SA se direksie en algemene kamer van provinsies.

Dit alles klink net te woelig vir ’n man wat al ’n vyfvoudige hartvatomleiding gehad het. “Nee wat,” sê Douglas, “dit was mos al lankal terug — dis verby. Wat jý van die lewe maak, is hoe jou lewe sal wees.”

NAVRAE: Mnr. Douglas Stern, e-pos: sft@gam.co.za; tel. 072 178 9811 of 049 841 1551.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.70
+0.7%
Rand - Pond
23.53
+0.6%
Rand - Euro
20.11
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.60
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,009.53
-0.0%
Palladium
1,324.51
-2.7%
Goud
1,961.68
-0.2%
Silwer
24.29
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe boek saam [geskrap]
Ek is hier om iemand spesiaal te ontmoet om saam n nuwe lewe te kan begin. Ek [geskrap] hou van om die lewe te geniet en te lag. Hou van kosmaak en braai. Ek hou van om langs...
Kom ons ry die sonodergang in
Ek is n vriendelike mens en gee te veel om. Hou van dans. Baie onafhanklik. Is meetal easy going en hou van avonture jy hoef nie ryk te wees om my te bederf nie briefies en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot