Mnr. Colin Wellbeloved is ’n melkboer in die KwaZulu-Natalse Middelland. “Ek het nog altyd die georganiseerde landbou omarm omdat daar soveel tasbare voordele is, soos ’n verenigde front in die beskerming van ons eiendomsreg en toegang tot bedryfsinligting, wat my help om meer ingeligte besluite oor my boerderybesigheid te neem.”
Hy is lid van die Bostonboerevereniging, dien in Kwanalu se raad, is voorsitter van die Melkprodusente-organisasie en ondervoorsitter van Melk SA.
Om by ’n suiwelstudiegroep (Intelact) aan te sluit, het my die geleentheid gegee om by van die beste melkboere ter wêreld te leer. Dit is ’n wetenskaplike en praktiese benadering om my produksie en mededingendheid te verbeter.