Mnr. Gerhard Bruwer van die Genade-boerdery by Douglas in die Noord-Kaap is in November 2021 aangewys as die 17de wenner van Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie.
My pa, Vickie, is my grootste mentor. Hy het my geleer om hard te werk, die fynere detail van boerdery oorgedra, en my geleer hoe om in ’n groep saam te werk.
Hy is iemand met visie wat groot drome droom – iets wat hy ook aan my oorgedra het. Nog ’n groot mentor is wyle mnr. Frank Lawrence van Idstone Farming.