Mnr. Patrick Sekwatlakwatla het die Absa-prys vir diens aan die opkomende rooivleissektor op 2021 se LRF-Veeskool ontvang. Hy is verantwoordelik vir transformasie, bemarking en mentorskap by die Sernick-groep.
Boerdery is ’n goeie besigheid met puik opbrengste as dit goed bestuur word. Dit verg egter sweet, trane en slapelose nagte voordat ’n mens daardie goeie resultate kan behaal. Ongelukkig ondervind boere probleme wat nadelig vir boerdery is.
In 2020 het covid-19 die wêreld getref en lande het hul grense gesluit, besighede het opgehou funksioneer en die vervoer van goedere het tot stilstand geknars.