Mnr. Riaan Theron is verlede jaar aangewys as Molatek, Landbouweekblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar. Hy besit die RAT Brahman-stoetery by Koppies.
Die klem op stoetteling plaas ’n ál groter verantwoordelikheid op die stoetteler wat teelpraktyke betref. Die dae toe ’n boer lukraak die grootste, mooiste en vetste bul by sy koeie gesit het, is verby.
Weens die hoë pryse van grond, voedsel en lewenskoste, en veranderende klimaatstoestande moet die teler anders na sy teelpraktyke kyk, want sy klante se voortbestaan is in sy hande. Hy moet bulle teel wat ekonomies belangrike eienskappe bevorder.