Mnr. Sinelizwi Fakade is eienaar van die Rocky Parkboerderygroep naby Ugie in die Oos-Kaap. Hy boer op droëland met mielies, sojabone, hawer, koring en nou ook sonneblomme op 1 400 ha.
Hy is ook die stigter en voorsitter van die ontwikkelingsorganisasie sonder winsbejag Ukhanyo Farmers Development, waar ’n span van 18 gegradueerdes ingespan word om sowat 2 000 landelike graanboere in dié provinsie te mentor, vaardighede te verbeter, op te lei en holisties te ontwikkel.
Ek is baie gelukkig om in ’n span te wees met ’n ervare, innoverende en passievolle plaasbestuurder. Die grootte van my besigheid, Rocky Park Farming Group, benodig dié tipe spanlede sodat ons bymekaar kon kom en die boerdery tot op ’n volgende vlak kon neem.