AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Karan Beef kry groen lig vir verkryging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Triple A Meat se voerkraal in die KwaZulu-Natalse Middeland. Foto: Verskaf
Triple A Meat se voerkraal in die KwaZulu-Natalse Middeland. Foto: Verskaf
Die mededingingstribunaal het die voorgestelde verkryging deur Karan Beef van die KwaZulu-Natalse geïntegreerde voerkraalonderneming Triple A Meat goedgekeur.

Dit sluit ook SK Caine Farming en Caine Farming (Edms.) Bpk. in.

Volgens die tribunaal se webwerf behels die voorwaardes vir die verkryging dat die samesmelting in die openbare belang sal wees, dat opkomende boere en verskaffers ondersteun word en dat verbintenisse tot maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling gedoen word. Meer besonderhede sal later verskaf word.

Volgens mnr. Ivor Karan, stigter van Karan Beef, behoort die verkryging met die voldoening aan die voorwaardes teen Maart volgende jaar afgehandel te wees.

Hy sê die verkryging maak goeie sakesin vir die groep. “As ’n mens kostefaktore in ag neem, soos die huidige hoë brandstofpryse, is dit goedkoper om die beeste wat ons in daardie gebied koop, eerder daar te hou as om hulle na Gauteng te vervoer en dan weer as verwerkte produk terug na KwaZulu-Natal te vervoer.”

Karan Beef, vandag Afrika se grootste beesvoerkraal, is in 1974 deur Karan op die familieplaas naby Heidelberg met net 100 beeste begin. Vandag word tot 210 000 beeste in die voerkraal op Heidelberg gehuisves en die onderneming se bedrywighede sluit ’n slagplaas in die nabygeleë Balfour, vleisverwerkingsaanlegte, kuilvoerproduksie en ’n verspreidingsentrum in City Deep in Johannesburg in.

Triple A Meat word volgens sy webtuiste sedert 1980 as ’n voerkraal in die KwaZulu-Natalse Middelland bedryf. Die onderneming behels ook ’n vleisverwerkingsaanleg en ’n plaas waar voer gekweek word. ’n Abattoir is in 2000 geopen. Die onderneming is deur mnr. Shaun Caine begin, wat sedert 1974 in die vleishandel en -verwerking betrokke is.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-2.6%
Rand - Pond
21.64
-4.2%
Rand - Euro
18.51
-3.3%
Rand - Aus dollar
11.99
-2.5%
Rand - Jen
0.13
-4.3%
Goud
1,799.90
+1.8%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,909.50
+1.2%
Platinum
1,040.50
+0.3%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot