Al hoe meer vrugteboere skakel byvoorbeeld oor na battery-aangedrewe sae en selfs snoeiskêre vir werk in hul boorde. Al boer jy nie daarmee nie, wil jy egter nie noodwendig jou boerdery se wins op peperduur toerusting uitgee nie, maar tog die instandhouding op jou werf so maklik moontlik maak.
Daarvoor is Ryobi se battery-aangedrewe kettingsae uiters geskik, veral as jy reeds Ryobi-gereedskap besit wat die XB Lithium-Ion-batterye gebruik. Die 18 V-kettingsaag het ’n snylem van 254 mm waaroor die 3/8 x 1,1 mm-ketting se 40 skakels teen 6 m per sekonde hardloop.
’n Ingeboude olietenk wat 180 ml kettingolie hou, smeer die ketting outomaties. Boonop kan ’n mens die ketting se spanning sonder gereedskap verstel. As jy nie reeds ’n battery het nie, sal jy een van die Ryobi-batterye en ’n laaier moet koop.