AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4050
35,00
SOYA
24 Mrt
-
8770
-146,00
SUNS
24 Mrt
-
8665,8
-189,20
WEAT
24 Mrt
-
6373,2
54,20
WMAZ
24 Mrt
-
3850,8
63,80
YMAZ
24 Mrt
-
4030,8
34,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Koring: Produksie gedy elders - nie in SA

Die sterk groei in die produksie van koring in China en Indië bevestig die toename in die vraag na koring. In Suid-Afrika is produksie egter onder druk.

Koring is een van die oudste voedselsoorte wat deur die mens verbou word.  Van die eerste tekens van menslike verbouing is so lank gelede as 9000 jaar voor Christus in die suid-ooste van Turkye gevind.  Tekens van vroeë verbouing is ook gevind in die nabye en midde Ooste, van die Tigrus en die Eufraat (Irak) af deur die huidige Sirië, Libanon, Israel, Jordanië tot in Egipte en die Etiopiese hooglande.  Tydens Josef se verblyf in Egipte (Gen 41), sowat 1700 vC, was koring dus al ‘n baie bekende produk. Koring het ooswaarts versprei na Indië en weswaarts na Griekeland teen ongeveer 6500 vC en het Europa teen ongeveer 5000 vC bereik. Die eerste aanduidings van brood en die gebruik van ’n oond is in Egipte gevind.

Ontwikkeling:
Verskeie soorte koring bestaan,met verskillende eienskappe, wat dit geskik maak vir verskillende gebruike. Die oorspronlike soorte koring is oor die jare heen deur die mens veredel tot bykans nuwe produkte om so hul bruikbaarheid te verhoog. Die koringplant is baie aanpasbaar en groei van gebiede naby die poolstreke (Noorweë) tot by die ewenaar (Noorde van Suid-Amerika); van kusgebiede tot op baie hoë hoogtes. 

Voedselgebruike:
Koring is ’n stapelvoedsel en die meel is ’n belangrike bestanddeel in produkte, soos brood, pap, koekies, beskuitjies, pastas, muesli, koeke, pasteie, souse en ontbytgrane.  Die harde doppie buite om word as semels (bran) vir verskeie doeleindes aangewend.

Behalwe voedsel het koring ook ’n verskeidenheid ander gebruike. Sommige lande gebruik koring in veevoer en sommige boere gebruik dit as weiding. Dit word ook gebruik in die maak van bier en ander alkoholiese dranke. Die strooi word soms gebruik as verpakkingsmateriaal en as “beddegoed” vir diere in ’n stal. In Engeland is koringstrooi gebruik as dekgras tot so laat as die negentiende eeu. 

Internasionale produksie:
Koring word wêreldwyd op meer as 240 miljoen ha geproduseer, waarskynlik die grootste oppervlakte vir enige akkerbougewas. In 2012 is 560,3 miljoen metrieke ton geproduseer en dit vorm saam met rys en mielies die wêreld se gewildste stapelvoedsels.

Grafiek 1 hieronder toon die wêreld se 10 belangrikste koringproduserende lande. China (19% van wêreldproduksie) en Indië (14%) is verreweg die twee grootste produserende gebiede en lewer gesamentlik sowat ’n derde van die wêreld se koring. China se produksie het sedert 2003 met 45%  toegeneem en Indië s’n met 46%.  Amerika lewer 9% van die wêreld se produksie, met Frankryk en Rusland sowat 6% elk. Frankryk het met 32% gegroei en Rusland met 11%. Amerika, die wêreld se derde grootste produsent, se produksie was betreklik stabiel oor die afgelope dekade. Suid-Afrika se produksie val nie onder die top 35 produserende lande nie.

Grafiek 1:


Internasionale in- en uitvoer:
Die wêreld  se grootste uitvoerders van koring is Amerika, Kanada, Rusland, Australië, Oekraïne en Kazakstan. Die grootste invoerders is Egipte, Brasilië, Indonesië, Algerië and Japan.  Die Europese Unie, as ’n entiteit, is beide ’n belangrike in- en uitvoerder omdat sommige lidlande gereeld oorskotte het terwyl ander onvoldoende hoeveelhede vir hul eie behoeftes produseer.

Plaaslike produksie:
Grafiek 2 toon dat die oppervlakte aangeplant oor die afgelope dekade afgeneem het van 750 000 ha  in 2003 tot 500 000 ha in 2012.  Die grootste oppervlakte aangeplant was in 2004 toe 830 000 ha onder koring was. Sedertdien het die oppervlakte feitlik jaarliks gekrimp. Daarteenoor het die opbrengs toegeneem van 1,5 miljoen ton in 2003 tot 1,9 miljoen ton in 2012. Dit is ‘n toename van 27%  (vgl.  Indië se 46%, China se 45% en Frankryk se 32% groei in dieselfde tydperk). In 2006 en 2008 was die produksie meer as 2 miljoen ton. Dit het egter in 2010 gedaal tot 1,4 miljoen ton maar het in 2012 herstel tot net onder 2 miljoen ton. Die opbrengs per oppervlakte het in die tyd byna verdubbel van 2 ton/ha in 2003 tot 3,8 ton/ha in 2012.

Grafiek 2:


Provinsiaal:
Die Wes-Kaap is die grootste produksiegebied in Suid-Afrika wat byna die helfte van die land se koring voorsien. Dit word gevolg deur die Vrystaat met 20% en Noord-Kaap met 15%. Limpopo produseer sowat 8% van die opbrengs en Noordwes 6%. Die ander provinsies produseer gesamentlik ongeveer 5%.

Grafiek 3

 

Plaaslike verbruik:
Plaaslike koringverbruik het van 2,7  miljoen ton in 2003 tot 3,1 miljoen ton in 2012 toegeneem. Dit is ‘n toename van sowat 15%. Feitlik al die koring word vir menslike verbruik aangewend. Koring vir ander doeleindes het minder as 3% beloop. Suid-Afrika moet dus groot hoeveelhede koring invoer.

In- en uitvoer:
Suid-Afrika het sedert 2004 gereeld meer as 1 miljoen ton koring ingevoer. Verlede jaar is 1,698 miljoen ton ingevoer. Die vernaamste verskaffers was Argentinië (737 duisend ton), Brasilië (320 duisend ton), Oekraïne (199 duisend ton) en Australië (175 duisend ton).  

 Weens die plaaslike te kort word baie min koring uitgevoer. Dit het die afgelope dekade afgeneem van 57 duisend ton in 2003 tot 20 duisend ton in 2012. Dit word hoofsaaklik na omliggende Afrika lande uitgevoer. Slegs in 2008 is meer as 100 000 ton uitgevoer toe ‘n groot besending van 118 000 ton aan Zambië gelewer is. In 2012 was koring gelewer aan  Mozambiek, Zambië en Zimbabwe.

Pryse:
Die geweegde gemiddelde prys van koring het die afgelope dekade verdubbel van R1400/ton in 2003 tot meer as R2 800/ton verlede jaar. Pryse van koring het die afgelope 47 jaar skerp gestyg. In 1970 was dit R67/ton, in 1975 het dit die eerste keer R100/ton oorskry en in 2000 was dit meer R1000/ton.  Sewe jaar later, in 2007 was die die prys meer as R2000/ton en verlede jaar se R2878/ton was die hoogste nog.

Die bruto waarde van koring het met meer as 150% gestyg van R2,2 miljoen in 2003 tot R5,5 miljoen in 2012. Dit is ’n baie goeie groei oor die dekade hoewel ander produkte beter gevaar het, bv. sojabone (700%), kanola (410%) en mielies (170%).

Opsomming:
Koring is ’n baie unieke produk wat oor baie duisende jare mens en dier op ’n verskeidenheid maniere gevoed en in hul ander behoeftes voorsien het. Internasionaal is dit een van die belangrikste gewasse en kan dit ook in die toekoms in die mens, veral waar voedselnood bestaan, se behoeftes voorsien. Die sterk groei in produksie in lande, soos China en Indië, bevestig die toename in die vraag na koring.

Plaaslik is dit ’n bekommernis dat die oppervlakte aangeplant so afgeneem het. Met die toename in die opbrengs per oppervlakte kan redelik maklik in die plaaslike behoeftes voorsien word as meer aangeplant word en hou selfs uitvoer groot moontlikhede in.

Bronne:
¹http://en.wikipedia.org/wiki/Domestication
FAOSTAT
UN FAO Statistic
Abstract of Agricultural Statistics 2013: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
Direktoraat Landbou Statistiek: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

* Kobus Smit is ’n landbou-ekonoom en voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. diesmitte@gmail.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.22
-0.7%
Rand - Pond
22.25
-0.1%
Rand - Euro
19.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-1.5%
Platinum
978.93
-0.6%
Palladium
1,418.46
-0.3%
Goud
1,991.29
-0.1%
Silwer
23.17
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
68,652
-2.0%
Alle aandele
74,128
-1.9%
Hulpbronne 10
63,377
-2.8%
Industriële 25
101,084
-1.5%
Finansiële 15
15,076
-2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot