AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8985
35,00
CORN
07 Okt
-
4805
-13,00
SOYA
07 Okt
-
8800
40,00
SUNS
07 Okt
-
10630
150,00
WEAT
07 Okt
-
7207
-3,00
WMAZ
07 Okt
-
5058
-2,00
YMAZ
07 Okt
-
4945
-3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Lancewood een van Libstar se staatmakers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lancewood is een van die afdelings in die Libstar-groep. Foto: Libstar
Lancewood is een van die afdelings in die Libstar-groep. Foto: Libstar
Libstar het die afgelope tyd in totaal sowat R250 miljoen in Lancewood se geriewe belê, gedwing deur voortgesette groei om só sy deursette te kan verhoog.

Die suiwelprodukvervaardiger Lancewood, wat deel is van die Libstar-groep, het ondanks groot prysverhogings aan sy melkboere danksy ander kostebesnoeiings ’n goeie finansiële jaar agter die rug.

Mnr. Charl de Villiers, finansiële hoof van Libstar, het Lancewood se prestasie met die bekendmaking van die groep se jaarresultate tot einde Desember 2021, as een van die groep se finansiële hoogtepunte uitgelig. Lancewood se ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing) het met dubbelsyfers gegroei.

Volgens De Villiers het plaashekpryse vir melk verlede jaar met sowat 15-17% gestyg. “Ons inligting wys dat melkproduksie in Suid-Afrika verlede jaar redelik bestendig was, maar ons het meer as in die verlede aangekoop, omdat ons in die jaar in bykomende kapasiteit belê het, veral aan die hardekaas-kant.”

Lancewood is die markleier vir sagte en harde kaas.

“Ons aankope (van onverwerkte melk) het aansienlik gegroei, teen ’n hoër prys. Ons moes bontstaan om koste te bespaar om ons marge te beskerm en nie na die mark te gaan om alles te verhaal nie.”

Syfers oor suiwelprodukverkope en -pryse in die algemeen toon dat verbruikers onder druk is. “Ons moes daarom innoverend dink in hoe ons vervaardig.”

POTENSIAAL VIR GROEI

Mnr. Andries van Rensburg, uitvoerende hoof van Libstar, sien steeds groeipotensiaal vir die verkope van suiwelprodukte.

“Die vraag na ons jogurtprodukte styg die hele tyd. Ons jogurt is van baie hoë gehalte en verkoop in die hoër deel van die mark. Hoewel jogurtverkope in die Suid-Afrikaanse mark tans nie baie groei nie, groei ons verkope met dubbelsyfers en is ons baie trots daarop.”

Lancewood het planne om ’n jogurt-nagereg na die mark te bring en voer ook gesprekke met winkelgroepe wat laerinkomstegroepe bedien om kaas in kleiner verpakkings beskikbaar te stel. Van Rensburg sê in lande soos Indië het kleiner verpakkings verkope van suiwelprodukte bevorder.

BELEGGING

Libstar het die afgelope tyd in totaal sowat R250 miljoen in Lancewood se geriewe belê, gedwing deur voortgesette groei om só sy deursette te kan verhoog.

“Toe ons Lancewood in 2009 oorgeneem het, was die omset van die onderneming sowat R120 miljoen. Vandag is dit ’n onderneming meer as R3 miljard,” sê Van Rensburg.

By Swellendam is ’n grootblok-kaasvervaardiger opgerig en die hele kaassny-en-verpakkingsaanleg in George is oorgebou. Met die konsolidering van alle kontrak-kaasverpakking in een groot kaasfabriek kon koste bespaar word.

UITVOER

Libstar voer onder meer speserye en rooibostee uit en wil sy uitvoer baie verhoog. Van die rooibostee wat hy uitvoer, word in groot maat uitgevoer en in Duitsland verpak, maar die groep wil al hoe meer tee plaaslik onder sy eie handelsmerk verpak en dan uitvoer.

Faktore wat uitvoer raak, sluit in die wêreldwye neiging tot gelokaliseerde verkryging en voortgesette probleme met verskeping. Mnr. Paul Jibson, besturende direkteur van Cape Herb and Spice, wat deel is van Libstar, sê verskepingskoste het met 200% tot 700% gestyg.

Die verskepingsbedryf verwag dat toestande rakende beide kapasiteit en koste op kort termyn verder gaan versleg. Teen einde vanjaar word verligting ten opsigte van kapasiteit verwag, maar nie dat koste sal terugkeer tot vlakke vóór die covid-19-pandemie nie.

WISSELVALLIGHEID

Die Libstar-groep se inkomste het in die jaar tot 31 Desember 2021 met 7,1% gestyg en sy bruto winsmarge het van 24,4% tot 23% gedaal. Die groep spits hom toenemend toe op margebestuur op alle ondernemingsvlakke weens voortgesette wisselvalligheid in pryse en die beskikbaarheid van noodsaaklike produksiemiddele.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.15
-0.3%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,712.12
-0.0%
Silwer
20.76
+0.5%
Palladium
2,261.50
-0.0%
Platinum
932.00
+0.7%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,205
-0.4%
Alle aandele
65,577
-0.4%
Hulpbronne 10
63,438
+0.3%
Industriële 25
79,425
-0.8%
Finansiële 15
13,989
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot