AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Lone: Tuindienste bied ’n uitkoms

'n Jong boer het werkers gehelp om 'n tuindienste-onderneming op die been te bring en so steeds 'n inkomste te verdien.

Die boer van die Paarl se hart wou breek toe hy besef dat die verhoogde minimumloon vir plaaswerkers hom gaan noodsaak om ses mense af te lê. Mnre. Pierre Hendrikse en Pierre Hendrikse jr. boer saam op die plaas Saffier buite die dorp. Vrugte, olywe, rose en wyndruiwe word op die plaas van 27 ha verbou.

Hendrikse jr. sê die verhoging van 52% in die minimumlone vir plaaswerkers was vir hulle ’n groot terugslag. Hulle het sewe voltydse werkers op die plaas gehad, en kry tussen 10 en 20 seisoenale werkers in gedurende oestyd. “Ons het oor die algemeen ’n goeie verhouding met ons werkers, en ná die arbeidsonrus verlede jaar, het ons vir hulle gewys ons kan nie hoër lone bekostig nie. Maar ek het hulle belowe dat ons op ’n manier ’n plan sal probeer maak.” Slegs een werker, mnr. Frank Johnson, is tans voltyds aangestel en hy is ook voorman op die plaas.

Volgens Hendrikse woon twee families op die plaas, en werk die meeste van hulle al langer as 13 jaar daar. “Hulle plaas is en was nog altyd hulle trots. Die manne het my geleer boer, en wat meer is, hulle het nog nooit geskroom om in te spring wanneer ons hulle gevra het om te help nie.”

Hendrikse se plan was om ’n tuindiensonderneming te begin, gegrond op die werkers se vaardighede. Mnre. Sameul Andries, Christiaan Andries, Sakkie Moses en William Moses is die vier werkers wat tot die plan ingestem het, en wat die afgelope sewe maande saam met Hendrikse Saffier Tuindienste bestuur.

Minimumloon
Hulle behartig al 45 tuine in die omgewing, en veral boere maak van die dienste gebruik. Hendrikse het ook ’n ooreenkoms met drie tuinontwerpers aangegaan dat hulle van Saffier Tuindienste gebruik sal maak wanneer hulle tuine uitlê. Die groep vra R150 per uur, en hulle verdien ten minste die minimumloon. Hendrikse bestuur saam met hulle die onderneming se bankrekening, en sodra hulle genoeg gespaar het, sien hulle elkeen uit na ’n welkome bonus. Met hulle spaargeld wil Hendrikse die groep help om ’n trust op die been te bring.

Die vier manne staan egter nie terug wanneer hulp op die plaas benodig word nie. Hendrikse sê wanneer hulle van ’n besige dag in ander se tuine na die plaas terugkeer, sal hulle inspring om werk op die plaas te help voltooi. “Ek dink omdat hulle nou ook hulle eie onderneming bestuur, verstaan hulle die sakewêreld en -besluite beter.”

“Ons was baie onrustig ná die stakings en die verhogings, en ons was bang ons gaan nie ander werk kry nie,” vertel mnr. Sakkie Moses. Hy werk al 16 jaar op die plaas. Moses sê soos wat meer mense van hulle bewus word, neem hulle werk stelselmatig toe. Die groep sê hulle is dankbaar vir Hendrikse se hulp, en hulle wil graag die projek laat werk vir ’n beter toekoms.

Ander boere het Hendrikse al genader vir raad om soortgelyke projekte te begin. “Ek het baie by die manne geleer, en ons weet ons moet na mekaar omsien.” Diegene in die omgewing wat graag van die tuindienste gebruik wil maak, kan hulle by saffiertd@gmail.com kontak. Loer ook na die video-insetsel hieroor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot