Is dit ’n toelaatbare reël, en kan ons gedwing word om sulke ID-kaartjies te dra? Is dit toelaatbaar dat iemand sonder ’n ID verwyder of selfs net ondervra word?
Jy meld dat die pad ’n openbare pad is. Openbare paaie val onder Paaie-ordonnansie 19 van 1976. Ingevolge dié wetgewing mag geen hindernis of versperring op die pad aangebring word wat enige reg van die publiek aantas nie.
Die publiek moet dus oor die reg tot onbelemmerde toegang tot dié paaie beskik. Indien hindernisse van enige aard ten opsigte van sulke paaie bestaan, sal die provinsiale padingenieur grondeienaars skriftelik kennis gee om só ’n hindernis tot die gebruik van die pad te verwyder.