Iran se moontlike toetrede tot die Brics-groepering en toenemende eise van Rusland om aktiewe steun van Brics-lande teen die Weste, is besig om ’n krisis vir Suid-Afrika te raak.
Iran het formeel aansoek gedoen om deel te word van die Brics-groepering van lande wat tans uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan. Dit is bekend dat Rusland begerig is om sy invloed deur Brics na die Midde-Ooste uit te brei.
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het luidens mediaberigte ook leiers van die Brics-lande onlangs op die Brics-beraad in China gevra om saam te werk teen die Weste se sanksies teen Rusland.