Maarten Kruger se brief “Transformasie hier om te bly” (LBW, 11 Augustus 2022) het betrekking. Om ons boere te vergelyk met ’n hond wat ’n voertuig jaag en inhaal en dan nie weet wat om daarmee te doen nie, pas nie by sy argument oor transformasie nie.
Kruger is behep met transformasie en om mislukkings skandelik af te wentel na boere. Gevolglik word aanvaar dat hy ’n welgestelde boer is wat reeds getransformeer het. Nou is daar lesers wat graag van sy wenresep wil hoor. Om boere vir ’n gemors van 28 jaar se regeer te beskuldig, spreek van onkunde.
Hoe belaglik moet ’n mens wees om “ander mense” wat 48 jaar gelede regeer het, van verskuilde agendas en ongelykhede te beskuldig. Dit was die tydperk toe die republieke van Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei, asook nasionale state die lig gesien het.