Ons het onlangs die grootste openbaring van arrogansie deur ’n kaderbelaaide staatsinstelling gesien. Absa het pas uit eie geledere ’n nuwe uitvoerende hoof aangestel.
Die reuse, rassistiese Openbare Beleggingskorporasie (OBK) van die staat, wat slegs ’n aandeel van 5,41% in Absa hou en dus ’n klein stertjie aan ’n groot hond is, het homself die reg toegeëien om aan Absa se direksie voor te skryf dat sy hoofstrategie dié van transformasie moet wees!
Blykbaar moes die bank iemand van kleur aangestel het. Die OBK sê daar is met die aanstelling verwag dat die “verlangde” klem op transformasie moes wees. Verlangde klem van wie? Werklik, by ’n handelsbank?