Die berig “Gebrekkige vaardighede, inligting kortwiek platteland” (LBW, 28 April 2022, bl. 16) het betrekking. Gun my asseblief die geleentheid om agtergrond te gee oor hoe die Witzenberg-munisipaliteit groendruppelstatus behaal het.
Die munisipaliteit se sukses kan toegeskryf word aan die afvalwaterspan se kundigheid, harde werk en toewyding tot uitnemendheid. Ons het aanvanklik gesukkel met die groendruppelvereistes en moes aanpassings maak, maar dit het geleidelik ’n nuwe werkwyse geword.
Die resultate was die moeite werd. Ons het die volgende tegnieke gebruik: Aanpassing en groei. Die betrokkenheid van senior bestuur. Risiko-gegronde beplanning en besluitneming. Witzenberg omarm risikobestuur as ’n deurlopende en stapsgewyse proses, en aanvaar dat risiko’s altyd teenwoordig sal wees.