Die stappe wat pres. Cyril Ramaphosa onlangs aangekondig het om Suid-Afrika se kragkrisis aan te pak, is stappe wat lank reeds gedoen moes word. Eskom se kragkrisis het nie nou eers ontstaan nie, maar het oor jare ontwikkel.
Leiers van die onderskeie politieke partye het met Ramaphosa vergader oor die aangeleentheid, waar ek onder meer gevra het dat regstellende aksie nie toegepas moet word wanneer voormalige Eskom-kundiges weer betrek word om te help met die kragvoorsiener se regruk-aksie nie.
Meriete moet die enigste maatstaf wees. Oudpres. Jacob Zuma het Ramaphosa (destyds adjunk-president) reeds in 2014 aangestel in beheer van ’n sogenoemde oorlogskamer om te sorg dat daar nie toekomstige kragleweringsprobleme ontstaan nie.