Die nuusberig (“Diepsee- uitvoer raak al hoe belangriker”, LBW, 16 Junie 2022, bl. 15) oor sojabone wat in die komende seisoen op groot skaal aangeplant kan word vanweë die feit dat kunsmis nie so belangrik is soos by mielies nie, het betrekking.
Die stelling word gemaak dat stikstof nie nodig is vir sojabone nie, wat heeltemal korrek is, aangesien die gewas sy eie stikstof vanuit die atmosfeer bind. Boere moet net baie seker maak dat die saad goed en korrek geënt is om die nodige knoppies op die wortels te vorm.
Dan word verder gesê dat net die toediening van fosfate en kalium nodig is om die winsgewendheid van sojabone te verbeter. Dit is waar – indien daar ’n tekort aan dié twee voedingstowwe is.