Eskom se finansiële dilemma lyk soos ’n ramp. Teen ’n gemiddelde salarisskaal van R61 000 per maand en met 25 000 oortollige werkers moet dit aanvaar word dat die eens gerespekteerde kragverskaffer nooit finansieel reggeruk sal kan word nie.
Mnr. André de Ruyter is nie die probleem nie. Hy het ’n bankrot Eskom van sy voorgangers geërf. Daar bestaan geen regruk- aksie vir Eskom nie. Sy rentelas van nagenoeg R30 miljard per jaar oorskry sy totale besteebare inkomste. Wat nou? Al oplossing gaan wees om belastingbetalers meer te laat betaal.
Hulle het niks verkeerd gedoen nie en daar gaan gevolge wees. Hoër belastings gaan onbekostigbaar raak en openbare opstand gaan verder momentum kry. Groter besighede en kommersiële boere is groot werkverskaffers.