Boerdery in die voormalige Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei (die TBVC-state) en ander selfregerende gebiede kan met uitsondering as ’n “suksesvolle mislukking” beskryf word.
Met die koms van gesinstoelae is die laaste boerderybedrywighede op sekere gemeenskapsgrond waargeneem. Van hierdie gebiede dra feitlik niks by tot voedselsekerheid nie.
Terwyl duisende hektaar kosbare weiding jaarliks afgebrand word, staan mense bakhand gereed vir nog grond. Noudat grondhervorming, onteiening en transformasie aan die orde van die dag is, skep dit verwagtinge by sekere werkloses.