In 2004 het mnr. Niel Ungerer, eienaar van die Nu-Pro-groep, wat in kommoditeite, vervoer en eiendomsontwikkeling handel dryf, met R170 000 begin en hoofsaaklik op Bethlehem sake gedoen.
Vandag het die groep ’n teenwoordigheid in min of meer alle streke van Suid-Afrika en sy buurlande. Met sy aptyt vir volhoubare groei is Ungerer ’n aanwins vir die ekonomie van Bethlehem en omliggende streke as een van Suid-Afrika se grootste graansentra.
Ek het op die plaas Tevrede by Frankfort grootgeword. Ons het die moeilike landboujare van die middel 1980’s beleef met droogtes, ’n hoë rentekoers en die beheerde staatsbemarkingskanale.