Wanneer dit by vererwing kom, is die belangrikste punt om te onthou dat elke mens die reg het om sy of haar bates te bemaak soos hy of sy wil. Niemand is onder ’n verpligting om volgens ’n resep te bemaak nie.
Kortom, die hof sal net inmeng as jou bemakings onwettig is, indruis teen die morele en sedelike norme van die samelewing, of onmoontlik is. Net ’n verdere nota hieroor vir veral vroue wat binne gemeenskap van goedere getroud is.
Jy hoef nie jou besittings te bemaak soos jou man wil hê nie. Niks keer jou om jou eie testament op te stel en jou helfte van die gemeenskaplike eiendom te bemaak soos jy wil nie.