AFGRI
BEAN
03 Des
-
7296
0,00
CORN
03 Des
-
3639
0,00
SOYA
03 Des
-
7489
0,00
SUNS
03 Des
-
11084
0,00
WEAT
03 Des
-
6095
0,00
WMAZ
03 Des
-
3357
0,00
YMAZ
03 Des
-
3629
0,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Nuwe landbou-akademie belê in toekoms vir Reitz

akkreditasie
Die heel eerste groepie leerders wat deel is van die splinternuwe landbou-akademie op Reitz is baie opgewonde oor wat vir hulle voorlê. Selfs ’n ma van een van die leerders, me. Alizha Horn (heel regs), is ingeskryf. Heel links is mnr. Martin Kruger, koördineerder van die akademie.
Die heel eerste groepie leerders wat deel is van die splinternuwe landbou-akademie op Reitz is baie opgewonde oor wat vir hulle voorlê. Selfs ’n ma van een van die leerders, me. Alizha Horn (heel regs), is ingeskryf. Heel links is mnr. Martin Kruger, koördineerder van die akademie.
’n Splinternuwe landbou-akademie in die Vrystaatse dorp Reitz bied aan hoërskoolleerlinge ’n unieke geleentheid om die beste inligting en praktiese ondervinding in herlewingslandbou en presisieboerdery op te doen.

Die hart van plattelandse dorpe lê in hul skole. Omdat die inwoners en boere van Reitz in die Noordoos-Vrystaat dié hartklop sterk wil hou, het hulle besluit Hoërskool Reitz moet iets bied wat kinders in die skool gaan hou en selfs kinders van verder gaan lok. Vanjaar is dus die eerste jaar dat die Reitz-landbou-akademie aan leerders en enige belangstellendes die geleentheid bied om meer te leer en waardevolle praktiese ondervinding op te doen oor herlewingslandbou en presisieboerdery.

Mnr. Jors Kriek, ’n plaaslike boer en lid van die skool se beheerraad, sê Hoërskool Reitz het vyf jaar gelede begin om drie landbouvakke aan te bied. “Dit was egter net teorie, en ons het gesien ons kort iets wat baie meer prakties is. Daar is ook ’n tekort aan kundige mense in die veld van herlewingslandbou en presisieboerdery. Toe begin ons as beheerraad met ’n paar landbou-organisasies en maatskappye gesels oor die plan vir ’n akademie waar die kinders eerstehands met hierdie bedrywe te doen kan kry.

"Benewens die waardevolle kennis en ondervinding wat hulle later in hul eie boerderye sal kan terugploeg as hulle gaan boer, gee dit ook aan hierdie kinders ander opsies ná skool. Hulle sal byvoorbeeld baie makliker ’n geleentheid by ’n plek soos John Deere kan kry met daardie agtergrond.

“ ’n Hele paar organisasies het ons plan ondersteun en ons geborg. Ons het kundiges gekry om die eerste jaar, graad 10, se handboek saam te stel. Mnr. Martin Kruger is as koördineerder van die akademie aangestel. Hy sal die teorie aanbied en verder kenners en boere op verskeie gebiede kry om met die kinders te kom praat. Hy gaan ook ál die praktiese sessies reël.

“Ons het vanjaar net met graad 10 begin, maar gaan volgende jaar graad 11 en die jaar daarop graad 12 byvoeg,” sê Kriek.

’n Mens leer beter (en lekkerder) as jou hande vuil raak. Dit gaan baie by die Reitz-landbo-akademie gebeur as deel van praktiese opleiding.

Belegging in toekoms

Kriek glo dat die landbou-akademie ook vir die dorp baie kan beteken. “Ouers op die platteland stuur dikwels hul kinders na groter skole toe omdat hulle meen daar is beter geleenthede. Wanneer dit gebeur, begin ’n dorp doodgaan. Ons wil nie hê dit moet met Reitz gebeur nie. Ons is erg oor ons dorp en mense.

“Daarom sê ons Hoërskool Reitz met sy landbou-akademie bied die beste geleenthede. Min kinders word eendag sportsterre, en sport is so ’n tydelike beroep. Ons glo daar is ’n toekoms in die landbou en baie plek vir jong mense met verskillende belangstellings.”

Vir Kruger is die aanstelling by die akademie “soos ’n sirkel wat voltooi word”. Hy het jare terug onderwys gestudeer, maar toe sewe jaar in die weermag gewerk en daarna as bemarker. “Dit voel nou werklik soos ’n bestiering om terug te keer tot die onderwys. En dit is wonderlik om deel te wees van hierdie akademie wat die eerste in die land is. Ons is nou nog in ons babaskoene, maar die potensiaal is amper oneindig. Daar is fantastiese mense en borge uit die landbou wat die akademie ondersteun.”

Van die hoofborge wat die akademie ondersteun en deel is van die direksie van ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat gestig is, is VKB, Sernick, Graan SA, John Deere, Hoërskool Reitz en Standard Bank. Vir leerders aan Hoërskool Reitz is die landbou-akademie gratis, en tans is 24 leerlinge daarby betrokke.

Ná die herstel van ’n pyp mag ’n mens seker die water geniet. Van links is Waldo Marais, Gerhard Fourie en Fanni Motholo.

Die akademie se klasse en praktiese sessies vind nie in skooltyd plaas nie en word as ’n buitemuurse bedrywigheid aangebied, sê Kruger. “Op Maandae van 14:00 tot 16:00 het ons die teoretiese klas en Woensdae van 14:00 tot 16:00 die praktiese sessie. Ek sal ook kundige sprekers en uitstappies na boerderye reël sodat leerlinge kan sien en leer hoe dinge in die praktyk werk.”

Boerderykennis vir almal

Die akademie is nie net beperk tot leerders nie. Een van die leerders se ma, self ’n boer in die omgewing, is ook vanjaar ingeskryf. Me. Alizha Horn, wat sedert 2016 saam met haar pa boer, sê sy is baie opgewonde oor die geleentheid om meer te leer.

“Ek wil ingelig wees en met my medeboere kan saamgesels, veral oor die nuutste metodes en tegnologie. Daarom is ek so bly die akademie lê klem op herlewingslandbou en presisieboerdery, en dat ek die kans het om deel te wees daarvan. Ek wil ander boervroue aanmoedig om dit te doen. Al boer jy nie self nie, is dit goed om meer te weet van die bestaan waarvan jy deel is.”

Horn en haar twee seuns, Johan (14) en Juandré (10), het almal ’n passie vir boerdery. “Daar is beeste en wild op ons plaas, en ons sien elke dag daarna uit om in die veld en tussen die diere te wees. Ek en die seuns is ook ywerige jagters.”

Die meisies wat deel is van die akademie, wil almal ná skool self boer of ander loopbane in die landbou beoefen.

Vir Johan is die droom om ook eendag te kan boer, hoewel hy reken hy sal ná skool eers ander ondervinding moet opdoen. “Dit is belangrik om ’n plan B en C te hê. ’n Mens weet nie wat vorentoe kan gebeur nie. Ons ouers klink partykeer bekommerd oor die toekoms van boerdery. Vir nou is dit egter nog lekker om meer te leer oor boerdery. En by die akademie is dit nie net boekekennis nie, ons doen dinge prakties.”

Al sy maats wil eendag in die landbou betrokke wees. “Ons moenie bang wees vir die toekoms nie. Mense sal ál meer besef hoe nodig die wêreld boere het,” sê Wiroeske de Wet (17). Sy, Pieter-Louw van der Merwe (14), Tina-Mari Weyers (15) en Hanli Hamman (16) is almal baie opgewonde oor boerdery en die landbou-akademie.

“Dit is lekker om in die grond te kan werk en bietjie vuil te word. En al is dit ekstra werk ná skool, is dit baie beter as om op ons fone te wees,” sê Tina-Mari. Pieter-Louw is ook baie dankbaar vir al die prakties. “Ek is nie ’n boekemens nie. Ek is ’n Van der Merwe.” 

NAVRAE: Mnr. Martin Kruger, 064 332 4582, e-pos: mkruger@reitzlandbouakademie.co.za; Facebook (Reitz Landbou Akademie).
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Die eem agter jou glimlag
Ek is n spontane mens Hou van nuwe vriende em beslis die persoon wat n glimlag op jou gesig sal sit Mal oor buitelewe en mense. Soek vriende om saam die dinge wat lekker is in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot