Die ontstaan van ’n geïntegreerde plaagbekampingstelsel (IPM) het reeds in die 1950’s begin nadat navorsers die doeltreffendheid van die praktyk begin insien het vir die beskerming van okkerneute.
Daarna het die metode tot sy volle reg begin kom met die koms van teiken-weerstandigheid teen organofosfate en karbamaat-insekdoders.
“Die gebruik van tradisionele insekdoders in kombinasie met biobekamping het nuwe konsepte van plaagbekampingsmetodes ingelui. Die klem het sedert die 1970’s verskuif van die uitwissing van ’n plaag na die bekamping daarvan,” sê mnr. Andrew Bennett, bestuurder van die Suid-Afrikaanse bioprodukte-organisasie.