AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Omnia behou fokus en dissipline

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Omnia verwag ’n goeie landboujaar met voortgesette hoë hulpbronpryse.

Omnia Holdings se inkomste en wins het in die ses maande tot einde September fluks vooruitgeboer, maar dissipline en ’n streng klem op strategie bly die mantra vir dié gediversifiseerde chemiese maatskappy wat nou ná ’n paar moeilike jare skuldvry is. Hy het trouens nou ’n hoop kontant in die bank, maar bestuur sy sake steeds konserwatief en het byvoorbeeld nie ’n tussentydse dividend verklaar nie.

“Omnia het goeie vordering gemaak met die vestiging van ’n stewige finansiële en bedryfsgrondslag. Ons vorder verder om munt te slaan uit beduidende groeigeleenthede, terwyl ons gedissiplineerd bly in kapitaaltoewysing en steeds sterk opbrengste behaal op beleggings wat gedoen is,” sê mnr. Seelan Gobalsamy, Omnia se bedryfshoof.

Omnia verskaf produkte en dienste aan die mynbou-, chemiese en landbousektor met sy plaaslike en buitelandse landbou-afdelings wat tot die helfte van die groep se inkomste verdien het vir die eerste helfte van die 2021-’22-boekjaar. Dié afdeling se netto verdienste het met 28% tot R5,2 miljard in die oorsigtyd verbeter.

Gobalsamy skryf dit toe aan gunstige landboutoestande, ’n doeltreffende voorsieningsketting, stygende hulpbronpryse, strategiese markuitbreiding en kliënte wat vroeër as gewoonlik kunsmis aangekoop het.

Die mynbou-afdeling se inkomste het met 31% tot R3,3 miljard verbeter, veral danksy die sektor se herstel en ’n groter vraag na produkte soos plofstof, terwyl Omnia se chemiese afdeling se netto inkomste met 12% tot R2,3 miljard verbeter het.

Doeltreffende voorraadketting sleutel tot sukses

Die groep se geïntegreerde voorraadketting was deurslaggewend vir sy sukses en het Omnia in staat gestel om genoeg grondstowwe vir sy kunsmis in die hande te kry toe ’n plaaslike tekort ontstaan het. Een voorbeeld hiervan was die tekort aan ammoniak, sê mnr. Stephan Serfontein, finansiële direkteur.

“Omnia was in ’n baie bevoorregte posisie, want ons het ’n baie ratse waardeketting en infrastruktuur waarvolgens ons ammoniak kon invoer van ander markte buite Europa. Ons kon aan al ons kliënte, insluitend die boere, en aan die mynbousektor voorsien. Ons kon selfs handelsverkope aan mededingers in Suid-Afrika voorsien wat tekorte van die plaaslike vervaardiger ondervind het.”

Oor duur kunsmispryse, sê Serfontein die maatskappy hou die situasie fyn dop en bestuur dit daagliks deur die voorsieningskettingspan. Dis veral die prys van ureum wat in die jongste maande skerp gestyg het, en faktore soos bottelnekke in die voorsieningskettings, die opskorting van uitvoer deur China en vervaardigingsonderbrekings weens gasprobleme in Europa speel ’n rol.

Serfontein verwag dat plaaslike boere se marges onder druk kan kom weens die skerp styging in insetkoste. Ná die besonder lae kommoditeitspryse van die jongste paar jaar is die pryse nou hoër as normaalweg. “Dit is ’n sikliese verskynsel en die regstelling sal mettertyd gebeur.”

Baie boere wat ’n skerp verhoging te wagte was en bekommerd was oor voorsieningskettingontwrigting, het reeds in die eerste helfte van die huidige boekjaar hul insette gekoop, toe die pryse nog nie so hoog was soos dit op hierdie tydstip is nie. “Omnia het ’n lang voorsieningsketting in die landbou en produkte word aangekoop miskien 6 tot 12 maande voor dit gebruik gaan word.”

Serfontein sê die maatskappy is optimisties oor die tweede helfte van sy boekjaar, wat tradisioneel beter as die eerste helfte presteer. “Daar is gunstige agronomiese toestande, en Omnia se sterk posisie sal steeds aangedryf word deur die landbou, die mynbou en die vervaardigingskomponent wat tussen die twee sektore sit.”

Hy het onder meer verwys na die stukrag wat ’n groot nuwe mynboukontrak in Suid-Afrika bied, terwyl volumes aan landboukant gegroei het en ’n groot verbetering in Omnia se marges teweeg gebring het.

Omnia se kernsyfers
  • Inkomste uit voortgesette bedrywighede styg met 31% tot R9.9 miljard.
  • Wins ná belasting uit voortgesette bedrywighede het meer as verdubbel tot R467 miljoen.
  • Netto kontantposisie van R719 miljoen vanaf ’n vergelykbare netto skuldposisie van R1,9 miljard.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-1.0%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.63
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,658.43
-0.1%
Silwer
18.71
-1.0%
Palladium
2,195.50
+2.1%
Platinum
863.50
-0.3%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot