AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10008,8
-107,20
CORN
20 Mrt
-
4469
-32,00
SOYA
20 Mrt
-
8520
-88,00
SUNS
20 Mrt
-
9780
-260,00
WEAT
20 Mrt
-
6568
-47,00
WMAZ
20 Mrt
-
3960
-28,00
YMAZ
20 Mrt
-
4160
-23,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Ongekende vraag na hoendervleis

Die snel-groeiende vraag na hoendervleis veroorsaak tekorte en al hoe groter steun op invoer. Die bedryf sal 'n styging in verbruikerspryse moet dophou.

Inleiding
Produkte van die pluimveebedryf in Suid-Afrika word al hoe gewilder en die vraag daarna bly styg. Dit laat vrae ontstaan of die plaaslike bedryf in die behoeftes kan voorsien, wat die bronne en omvang van in- en uitvoer is en watter bydrae die bedryf tot landbou in die algemeen lewer? Pluimvee sluit in hoenders, eende, ganse, kalkoene and tarentale. Volstruise word nie by die groep ingesluit nie. Hoenders vorm verreweg die grootste gedeelte van die pluimveebedryf.

Vleisproduksie*
Vleisproduksie het die afgelope dekade van 925 000 ton in 2002/’03 toegeneem tot 1 499 000 ton in 2011/’12.  Dit is ‘n groei van 62%. Die sterkste groei was in 2004/’05 en 2005/’06 toe dit ongeveer 10% per jaar was. Daarna het groei afgeneem tot ongeveer 5% per jaar, maar dit het laas jaar verder verswak tot 1,4%. Daar was egter in geen stadium ‘n afname in produksie nie. (Sien blou stafies – lees af op linker as grafiek 1.)

Vleisverbruik*
Die menslike verbruik van witvleis het heelwat skerper toegeneem as die produksie. In 2003/’04 was dit net meer as ‘n miljoen ton maar het in die afgelope tien jaar bykans verdubbel tot byna 1,9 miljoen ton. Die toename beloop 80%. Die skerpste toename was ook in 2004/’05 en 2005/’06 toe verbruik met meer as 10% toegeneem het vanaf die vorige jare. (Sien rooi stafies – lees af op linker as grafiek 1). Die verbruik was deurgaans hoër as die produksie, met die verskil wat elke jaar groter geword het. Die verbruik per persoon het toegeneem van 22,7 kg in 2003/’04 tot 35,8 kg in 2011/’12 – ‘n styging van 58%.  (Groen lyn grafiek 1 – lees af op regter as.)

Grafiek 1 verskaf ook ander interessante inligting. Die styging in die per kop verbruik beteken dat mense gemiddeld meer witvleis eet. Die feit egter dat die per kop verbruik heelwat stadiger gestyg het (58%) as die totale menslike verbruik (80%) in dieselfde tydperk, impliseer dat meer mense witvleis verbruik het. Die verbruik in verhouding tot ander produkte is dus aan die toeneem.

Grafiek 1:

In- en uitvoer
Omdat menslike verbruik deurlopend meer is as die produksie en daar groot hoeveelhede witvleis (in besonder hoendervleis) vir ander doeleindes, soos (troetel)dierkos gebruik word, word groot hoeveelhede ingevoer. Grafiek 2 (rooi lyn) toon die hoeveelhede ingevoer die afgelope dekade. Dit het van 153 000 ton in 2003 toegeneem tot meer as 400 000 ton in 2012.  Dit is ‘n toename van 163%. In 2006 en 2011 was daar besonder skerp stygings in invoer. Daar was slegs in 2007 en 2008 afnames in invoer gemeet teenoor die vorige jare.

Die belangrikste verskaffers verlede jaar was Brasilië (211 000 ton), Nederland (55 000 ton), Argentinë (29 000 ton), Brittanje (26 000 ton) en Duitsland (23 000 ton).  Brasilië was regdeur die dekade die grootste verskaffer en het laas jaar meer as die helfte van die totale invoer voorsien. Daarteenoor was daar in 2003 geen invoer vanuit Duitsland en Nederland gewees nie. Klein hoeveelhede is sedert 2004 uit die lande ingevoer maar dit het besonder vinnig toegeneem.

Uitvoer van witvleis het verdubbel van 5 000 ton in 2003 tot 10 000 ton in 2012 maar is steeds gering gemeet aan plaaslike produksie en verbruik. Die meeste is in 2009 uitgevoer toe dit 19 000 ton beloop het maar dit het daarna weer afgeneem.  Bestemmings is omliggende Afrika-lande en in 2012 het Mosambiek (5,7 000 ton) en Zimbabwe (3,1 000 ton) meer as 90% van die uitvoere ontvang. (Sien blou lyn grafiek 2) 

Grafiek 2:

Eierproduksie
Eierproduksie het die afgelope dekade met 50% toegeneem van 340 000 ton in 2002/’03 tot 511 000 ton in 2011/’12. Die produksie het met redelike klein spronge gegroei en nie een jaar met dubbel syfers nie. By twee geleenthede, in 2003/’04 en in 2009/’10, was daar geringe dalings. Produksie het in 2011/’12 die eerste keer die half miljoen ton oorskry. (Sien blou stafies in grafiek 3 – lees af op linker as.)

Eierverbruik
Die menslike verbruik van eiers volg feitlik dieselfde patroon as die produksie daarvan. Dit het in totaal met 54% gestyg van 313 000 ton in 2002/’03 tot 482 000 ton laasjaar. Die jaarlikse stygings was ook in klein enkelsyfer-spronge met die grootste toename van net minder as 10% in 2006/’07.  Verder het dit ook in dieselfde jare geringe dalings getoon van 2,6% in 2003/’04 en 5,6% in 2009/’10. (Sien rooi stafies in grafiek 3.) Behalwe menslike gebruik word groot hoeveelhede eiers vir ander doeleindes, veral die baknywerheid, aangewend. Menslike verbruik van eiers is egter deurlopend minder as die produksie.

Die individuele verbruik van eiers het toegeneem van 6,88 kg per persoon per jaar in 2002/’03 tot 9,3 kg per persoon. Dit is ‘n toename van sowat 35%. (Groen lyn in grafiek 3 – lees af op regterkantse as.) Dit is egter nie net die hoeveelheid eiers per persoon wat toegeneem het nie, maar ook die aantal mense wat eiers gebruik het.

Grafiek 3:

In- en uitvoer
In- en uitvoer statistiek ten opsigte van eiers vir die tydperk was nie geredelik beskikbaar nie. (Die beskikbare statistiek sluit skynbaar ook volstruiseiers in.) Volgens die SA Pluimveevereniging beloop invoere en uitvoere in elk geval minder as 1% van die totale produksie.  Die uitvoermark is hoofsaaklik omliggende Afrika lande.

Bruto waarde
Die bruto waarde van plaaslik geproduseerde hoendervleis het van R10,4 miljard in 2002/’03 gestyg tot R26,9 miljard in 2011/’12.  Dit is ‘n toename van 158%. Vir die vier jaar van 2005/’06 tot 2008/’09 het die bruto waarde jaarliks met dubbelsyfers gestyg. Die daaropvolgende twee jaar het dit afgeneem tot sowat 5%, maar laas jaar het dit weer verbeter tot 8%.

Die waarde van eierproduksie het toegeneem van sowat R3 miljard in 2002/’03 tot R7,7 miljard verlede jaar – ‘n toename van 159%.  Die groei in eierproduksie het ook, net soos vleis, deur twee maer jare gegaan, maar verlede jaar herstel tot 8,6%.

Landbouprodukte het in 2011/’12 ‘n bruto waarde van R164 miljard opgelewer. Hiervan het alle veeprodukte byna die helfte, nl. R76 miljard gelewer. Pluimveeprodukte ter waarde van R46 miljard beloop 46% van alle veeprodukte (Sien grafiek 4) en bykans 22% van alle landbouprodukte.  Dit is dus verreweg die grootste van alle landbouprodukte in Suid-Afrika.  

Grafiek 4:

Pryse
Die geweegde gemiddelde pryse wat produsente ontvang het vir vars hoenders was laas jaar sowat R23/kg en die van bevrore hoenders sowat R15/kg. Verbruikerspryse by sommige “goedkoop” supermarkte was drie tot vier keer meer.  Eierpryse vir graad 1 groot eiers wat produsente ontvang het, was net onder R10/dosyn terwyl verbruikers R25 en meer betaal het. Uiteraard is daar koste tussen die “plaashek” en die punt waar die verbruiker koop maar is dit regtig soveel?

Opsomming
Die pluimveebedryf is verreweg die grootste enkele bedryf in die Suid-Afrikaanse landbou. Die tempo waarteen vraag toeneem, veroorsaak dat produsente nie genoegsaam kan produseer nie en dat al meer op invoer gesteun word. Daar sal egter gewaak moet word teen storting van swak standaard produkte uit sommige lande. Verder sal die bedryf ook ‘n wakende oog moet hou oor die styging in verbruikerspryse dat die tans sterk groeiende vraag na al die produkte, nie deur onbekostigbare verbruikerspryse gedemp word nie.

Nota
*  Produksie- en verbruikstatistiek is op splitjaarbasis (1 Julie in ‘n gegewe jaar tot 30 Junie die daaropvolgende jaar) beskikbaar. Alle ter saaklike statistiek vir die 2012/’13 tydperk was met die skryf hiervan nog nie geredelik beskikbaar nie.

Bronne:
Direktoraat Statistiek van Departement Landbou, Bosbou en Visserye.
Webwerf van SA Pluimveevereniging.

# Geskryf deur Kobus Smit, 'n landbou-ekonoom en voormalige voorsiter van die Nasionale Oesskattingskomitee. diesmitte@gmail.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.51
-0.5%
Rand - Pond
22.61
-1.1%
Rand - Euro
19.72
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.8%
Rand - Jen
0.14
-1.7%
Platinum
966.86
-0.2%
Palladium
1,390.86
-1.5%
Goud
2,002.07
+0.6%
Silwer
22.66
+0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,360
+0.5%
Alle aandele
72,813
+0.4%
Hulpbronne 10
64,205
+2.1%
Industriële 25
97,751
+0.7%
Finansiële 15
14,797
-2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot