AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Ongunstige weer troef Crookes Brothers se wins

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Piesangs word verpak by Crookes Brothers se bedrywighede in Mosambiek. Foto: Verskaf
Piesangs word verpak by Crookes Brothers se bedrywighede in Mosambiek. Foto: Verskaf
Crookes Brother se inkomste het tot R448 miljoen gestyg, maar die bedryfswins het tot R27,5 miljoen gedaal.

Te veel reën, hael en koue op die verkeerde tyd het Crookes Brothers Bpk, die genoteerde KwaZulu-Natalse landboumaatskappy, se bedryfswins in die ses maande tot einde September geknou. Die groep se kerninkomste word uit suikerriet verdien, maar hy verbou ook piesangs, makadamias en sagtevrugte in Suid-Afrika, Eswatini, Zambië en Mosambiek. ’n Krokodilplaas, Crocworld, en ’n eiendomsportefeulje vorm ook deel van sy bedrywighede.

Die groep se inkomste het weliswaar met 9% tot R448 miljoen gestyg, maar die bedryfswins, aangepas vir die billike waarde van sy groeiende oeste, het met 58% tot R27,5 miljoen gedaal teenoor die vorige ooreenstemmende tydperk se R66,1 miljoen. Dit is veral die waarde van suikerriet en makadiamianeute wat steeds aan die bome hang wat tot R53,2 miljoen van hierdie vermindering behels.

Finansieringskoste is met 16% tot R15,1 miljoen verlaag en die kontant wat uit die verkoop van nie-kernbates verdien is, is ingespan om lenings terug te betaal. Sy kontantposisie het verstewig met netto kontant uit bedrywighede wat met 37% tot R53 miljoen verbeter het.

Wins vir die ses maande het met 62% tot R17,6 miljoen teruggesak. Vanjaar het Crookes Brothers ’n wesensverlies per aandeel van 51,2c aangeteken teenoor ’n wesensverdienste van 15,1c per aandeel in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Ondanks die impak van covid-19 en die onluste in KwaZulu-Natal in Julie, het die groep se eiendomsafdeling in die ses maande ’n bedryfswins van R3 miljoen aangeteken.

Piesangs en suiker

Die groep het R4,5 miljoen verdien uit ’n vennootskap met die piesangprodusente Lebombo Growers en Quinta Da Bela Vista. Dis 38% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Hy skryf dit toe aan vanjaar se ongewone koue weer en kleiner trosse piesangs wat geoes is.

Suikerbedrywighede het danksy hoër pryse sy inkomste met 4% tot R303,5 miljoen opgestoot. Ongunstige weerstoestande in die vorm van sikloon Eloise en ’n groot aantal bewolke dae het suikerbedrywighede in Mpumalanga, Eswatini en Zambië nadelig geraak en daartoe gelei dat die waarde van die oes op die land verminder het.

Sagtevrugte en makadamias

Inkomste uit sagtevrugte het met 1% tot R41,3 miljoen gedaal, maar dié syfer bring ook die verkoop van ’n plaas, High Noon, in die vorige boekjaar in berekening. As daardie transaksie uitgesluit word, is die inkomste uit deurlopende bedrywighede 39% hoër. Die inkomste uit piesangs het met 33% tot R45,7 miljoen gestyg en die groot verbetering is eintlik toe te skryf aan die herstel wat plaasgevind het nadat ’n haelstorm verlede jaar miljoene rand se skade aan piesang-oeste op die groep se plaas Nicoskamp in Mpumalanga aangerig het.

Die makadamia-inkomste het met 12% gestyg danksy 2021 se goeie oes van 701 ton, wat meer as dubbel so groot is as die vorige jaar se 328 ton. Pryse is egter gemiddeld 22% laer, want die rand het in die oorsigtydperk verstewig en covid-19 het logistieke probleme met uitvoer veroorsaak.

Die groep waarsku dat die ongunstige weerstoestande wat sy suikerinkomste geknou het, ook in die volle boekjaar ’n ongunstige impak sal hê. Hy bly versigtig optimisties oor vooruitsigte vir die ander oeste met veral makadamia-oeste wat aansienlik groter kan wees. Geen tussentydse dividend is verklaar nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot