AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onrus knou Tongaat Hulett se wins

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Mislukking is nie ’n opsie vir Tongaat Hulett nie.

Daar is baie gemeenskappe wat op Tongaat Hulett staatmaak. Mislukking is nie ’n opsie vir die maatskappy nie. Dít was die boodskap van mnr. Gavin Hudson, uitvoerende hoof van die sukkelende suikerprodusent Tongaat Hulett, toe hy die groep se tussentydse resultate aan aandeelhouers bekend gemaak het en hulle gevra het om ’n regte-uitgifte van R4 miljard te ondersteun om die maatskappy uit die skuld te kry.

Die genoteerde maatskappy lewer 43% van Suid-Afrika se suiker en is die grootste werkgewer in KwaZulu-Natal. Hy is sedert 2019 in ’n stryd gewikkel om winsgewendheid te herwin ná ’n boekhouskandaal wat die groep met ’n reusagtige skuldlas van R11 miljard gelaat het. Sy markwaarde op die JSE is tans slegs R784 miljoen en hy moet nog R6,9 miljard se skuld delg.

Tongaat Hulett het in die ses maande tot einde September ’n wesensverlies van R254 miljoen gely, teenoor ’n wesensverdienste van R59 miljoen vir die die ooreenstemmende tydperk in 2020. Ander terugslae in dié oorsigtydperk is die ongunstige uitwerking van hiperinflasie in Zimbabwe op sy suikerwinste en ’n hoër belastingkoers weens rekenkundige foute wat voorheen gemaak is en nou reggestel word.

Asof sy omdraaistrategie nie reeds genoeg finansiële druk veroorsaak nie, het die onrus in KwaZulu-Natal in Julie Tongaat Hulett van R158 miljoen se wins beroof toe suikerrietplantasies aan die brand gesteek en voorraad geplunder is. Eiendom is beskadig en verkope is gekanselleer.

Dít los Hudson en sy bestuurspan met baie min beweegruimte. Die maatskappy het reeds bates soos sy styselafdeling, een van sy groot geldmakers, verkoop. Kleiner bedrywighede in buurlande en aantreklike gedeeltes van sy eiendomsportefeulje is ook reeds van die hand gesit om skuld terug te betaal. Die groep is uiteindelik genoodaak om in November ’n regte-uitgifte ter waarde van R4 miljard aan te kondig.  Hiervan word R2 miljard onderskryf deur Magister Investments, ’n ongenoteerde landboubeleggingsmaatskappy met sy hoofkantoor in Mauritius.

“Dis tyd vir ’n nuwe hoofstuk vir Tongaat Hulett. Ons glo deur ’n regte-uitgifte van R4 miljard sal Tongaat Hulett op lang termyn groei ontsluit en intrinsieke aandeelhouerswaarde beskerm,” het Hudson gesê. Hy het aandeelhouers gewaarsku dat die alternatief, om verdere bedrywighede te verkoop, waarde sal vernietig en die meer as 50 000 afhanklikes wat op die maatskappy staatmaak, van ’n nalatenskap sal ontneem.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.18
+0.2%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.25
-0.9%
Silwer
20.45
-2.9%
Palladium
2,248.26
-3.2%
Platinum
917.44
-1.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot