AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

OVK beleef rekordjaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
OVK hoofkantoor op Ladybrand. Foto: Verskaf
OVK hoofkantoor op Ladybrand. Foto: Verskaf
Die OVK-groep het munt geslaan uit ’n goeie landboujaar met rekordwinste en -omset in die boekjaar tot einde Februarie 2022.

Die groep, met sy hoofkantoor op Ladybrand, het 53 handelstakke en sy bedrywighede strek oor vier provinsies: die Vrystaat, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes.

Mnr. Stéfan Oberholzer, OVK se besturende direkteur, sê die koopkrag van produsente het in dié boekjaar verbeter danksy relatiewe goeie opbrengste en hoë produkpryse. “Die verbeterde koopkrag van ons produsente het veroorsaak dat die agterstalligheid van ons debiteureboek op ’n rekordlae vlak is.”

OVK behaal ’n rekordwins voor belasting, veselrabat en lojaliteitskorting van R287,5 miljoen. Dit verteenwoordig ‘n styging van 30% op ’n jaargrondslag teenoor die vorige syfer van R220,7 miljoen. Die wins ná belasting het met 36,09% van die vorige boekjaar se R143,4 miljoen tot R195,2 miljoen gegroei.

Die groep se omset in die finansiële state is R5,8 miljard, wat ’n styging van 16,6% teenoor die vorige boekjaar se R5,04 miljard beteken. Die omvang van die groep se sakebedrywighede in die boekjaar wat op 28 Februarie 2022 geëindig het, het egter tot R11,19 miljard gegroei, wat ’n styging van 13% teenoor 2021 se R9,86 miljard is.

Die handelsafdeling, wat brandstofverkope insluit, was ’n uitblinker met ’n winsstyging van 25,6% wat aan die hoër omset toegeskryf word. Die graanafdeling het sy prestasie met 14,2% verbeter en vesel, wat ’n kernaktiwiteit is, het sy wins met R26,2 miljoen (voor uitbetaling van die rabatskema) verbeter. Die meganisasie-afdeling het ’n ommeswaai beleef en die eerste keer in 12 jaar met ’n wins afgesluit.

“OVK beleef tans ongelooflike sukses en dit gaan goed met die besigheid. Maar omgewings verander binne ’n oogwink en en OVK sal sy strategie hierby moet aanpas,” sê mnr. Chris Bender, voorsitter van die OVK-groep. Hy het onder meer kwessies soos die verval van infrastruktuur op die platteland, beurtkrag, swak ekonomiese groei en stygende pryse uitgelig. OVK help reeds sy produsente wat sulke probleme ondervind. Die maatskappy het byvoorbeeld in die afgelope boekjaar “wesenlike kapasiteitsuitbreiding” by silo’s gedoen en Bender sê dit neem die risiko van graan wat vir ’n tydperk opgeberg moet word, van die produsent se skouers af. Hy sê OVK is ’n maatskappy wat finansiering kan verskaf in ’n landbou-omgewing waar talle finansiers die bedryf verlaat.

OVK se boere-aandeelhouers het in die afgelope boekjaar R94 miljoen in die vorm van dividende en lojaliteitskortings ontvang, teenoor R72 miljoen in 2021. “Die lojaliteitsvoordeel het menige produsent gehelp om die droogte te oorleef,” sê Oberholzer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot