Die WBA is ’n internasionale organisasie sonder winsoogmerk wat die invloedrykste maatskappye wêreldwyd volgens die Verenigde Nasies se doelstellings vir volhoubare ontwikkeling beoordeel en in rangorde plaas. Die WBA se insigte dien as ’n meganisme om aanspreeklikheid te bevorder.
Dit behoort ondernemings aan te spoor om suksesvolle aandrywers van verandering te wees om aan die Verenigde Nasies se doelstellings vir volhoubare ontwikkeling te voldoen.
Om te verseker dat die regte faktore gemeet en toepaslike maatstawwe gebruik word, het die WBA bande met meer as 300 instellings wêreldwyd gesmee.