AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Plaaswerker van die Jaar aangewys

'n Middelvlak-bestuurder van Riviersonderend is aangewys as die Overberg se Plaaswerker van die Jaar.

'n Knap middelvlak-bestuurder van Riviersonderend, mnr. Marthinus Farao van die SAPO Trust, Riviersonderend, het by die Agri Mega Week, Bredasdorp weggestap met die titel 2013 Overberg Plaaswerker van die Jaar titel.

Farao is uit 20 kategorie-finaliste aangewys om die Overberg in Oktober vanjaar by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en van Landelike Ontwikkeling en Shoprite se Plaaswerker van die Jaar gala-aand te verteenwoordig. Pryse ter waarde van meer as R100 000 wag by die geleentheid op die algehele wenner.

Farao is as middelbestuurder werksaam by die SAPO Trust op Riviersonderend en reeds die afgelope 25 jaar, as 'n plantkundige, betrokke in die landbou. Sy bestuurder is mnr. Adam Mouton van SAPO. Die Plantverbetering Instituut het hierdie Riviersonderend-tak op die Tygerhoek-plaas gevestig. Die 35 ha plaas word tans steeds van die Wes-Kaapse departement van landbou gehuur.

Beste potensiaal
Die spesiale HopkinsCalvert-prys vir uitstaande prestasie is aan nóg 'n Riversonderender toegeken. Dié eer het mnr. Ivan Mtotsana van Grootvlakte te beurt geval. Renaldo Davids is aangewys as die kategoriewenner met die beste potensiaal.

Die geleentheidspreker, Claude Möller, het finaliste die versekering gegee dat Suid-Afrika se plaaswerkers nie onsigbaar is nie, al is daar nie altyd sigbare erkenning vir hul harde werk nie. “Ons sien julle en God sien julle en jul harde werk. Moenie verlslaaf raak aan erkenning nie, want die onsigbare werker se erkenning kom op ‘n ander manier,” meen hy.

Me. Joyene Isaacs, hoof van die Department van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Wes-Kaap, het die finaliste, wat elkeen in eie reg 'n wenner is, aangemoedig om hul kinders uit te daag om na die topposte in die Llndbou te streef en daarvoor te werk om dit oor ‘n paar jaar te beklee.

Mnr. Orton King, groep uitvoerende direkteur van die Agri Mega Groep het die nasionale regering uitgedaag om ook, soos die Wes-Kaap, jaarliks ‘n Plaaswerker van die Jaar-kompetisie aan te bied.

Die kategorie-wenners en naaswenners in die Overberg was:
* Algemene Werker – Hendrik Lakay (Môrelig, Bredasdorp); Martin Julies (Boontjieskraal, Caledon) en Jason Diedericks, Warmoeskraal, Caledon).
* Diereproduksie – Gavin Jaars (Hansieskloof, Napier); Willem Foster (Boontjieskraal, Caledon) en Rolan Mauritz (Warmoeskraal, Caledon).
* Tegniese Operateur – Francois Hansen (Diepgat, Caledon); Flip Hendricks (SAPO Trust, Riviersonderend) en Daniel Pieters (Hansieskloof, Napier).
* Trekkerbestuurder – Dawie Tobias (Driefontein, Caledon); André Jacobs (Schietpad, Napier) en Leon Jumat,(Warmoeskraal, Caledon).
* Administratiewe Personeel – Daniëlle May (SAPO Trust, Riviersonderend) en Renaldo Davids (Hansieskloof, Napier).
* Junior Bestuur - Randell Ellis (Cordale Plase, Caledon); German Hendricks (Langhoogte, Caledon) en Johannes August (Floraland, Bredasdorp).
* Middelbestuur – Marthinus Farao (SAPO Trust, Riviersonderend); Ivan Mtotsana (Grootvlakte, Riviersonderend) en Chaline Dramat (Remhoogte, Caledon).
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot