Dit is broodnodige werk om die vasteland se biodiversiteit beter te kan verstaan, vir telingsprogramme en om inheemse plante, waaronder diere, swamme en ander organismes, volhoubaar te kan gebruik in die lig van veranderende klimaatspatrone.
Meer klem is ook nodig op afgeskeepte gewasse wat in spesifieke streke as kos gebruik word en tot voedselsekerheid in Afrika bydra. Só sê diegene betrokke by die Africa BioGenome Project (AfricaBP) luidens ’n verklaring oor dié inisiatief.
Dit is verlede Junie van stapel gestuur. Sedertdien werk 109 wetenskaplikes en 22 organisasies van reg oor Afrika, waaronder Suid-Afrika, reeds saam hieraan. Die geenvolgorde van 798 plante en 3 278 diere wêreldwyd is sedert die 1970’s bepaal.