Die plaas waardeur ons moet ry om op die huurgrond te kom, het van eienaar verander en die nuwe eienaar weier ons toegang op die enigste pad na die huurgrond.
Die pad word al 40 jaar lank gebruik. Daar moet gras gesny en gebaal word. Wat maak ek as die eienaar van die plaas die hekke sluit? Ek moet gewoonlik ’n paar keer per week na die plaas gaan. Ek het die polisie genader, maar hulle was nie van hulp nie.