Wanneer ’n boer in ’n saamwoonverhouding is, gebeur dit gereeld dat die lewensmaat wat nie boer nie, haar of sy eiendom te gelde maak of haar of sy beroep verlaat om op die plaas te gaan woon.
Dit is ook algemene praktyk dat die boer se kinders, dalk uit ’n vorige huwelik of verhouding, wat saam met hom of haar boer, ook op die plaas woonagtig is. Dit is dus belangrik om te bepaal wat tans wetlik die posisie van die lewensmaat is en hoe die beplanning daarvoor voorsiening moet maak.
Die algemene reël is dat ongetroude lewensmaats wat saamwoon, nie outomaties daarvoor in aanmerking kom om intestaat van mekaar te erf nie.