Sowat 135 000 ha tussen Carnarvon, Brandvlei en Van Wyksvlei is in Maart 2020 as die Meerkat- nasionale park verklaar. Dit word deur die nasionale navorsingstigting besit en deur SANParke bestuur.
Drs. Helga van der Merwe, Sue Milton, Richard Dean, Tim O’Connor en Joh Henschel, almal navorsers by die SAEON-droëlandnode, skryf in Saeon eNews dat die verwydering van vee, meestal skape, van die grond tot ’n merkbare vermindering in veedruk gelei het.
As deel van die SKA se infrastruktuurontwikkeling sal interne heinings, kunsmatige waterpunte en uitgebreide stande van uitheemse muskietbome (Prosopis spp.) verwyder word. Wildgetalle sal mettertyd onder SANParke se bestuur geleidelik toeneem.