In die volgende dekade moet aansienlik méér studente met die nodige vaardighede toegerus word om in Suid-Afrika se arbeidsbehoeftes te voorsien. Volgens die jongste nasionale lys van beroepe in hoë aanvraag geld dit ook die landbousektor en verwante bedrywe.
Só sê prof. Leopoldt van Huyssteen, akademiese hoof en direkteur van die Academy for Environmental Leadership SA (AEL). Hierdie instelling bied ’n hoër sertifikaat in bewaringsekologie aan, ’n kwalifikasie wat verskillende vakrigtings integreer.
“Die werkmag van die toekoms benodig toepaslike vaardighede vir die 21ste eeu, soos om presisieboerdery te bestuur, waterslimpraktyke toe pas, geïntegreerde produksie te volg en sertifisering toe te pas.”