Albei ondernemings is ten volle in produsente se besit deur middel van aandelekapitaalstrukture.
VKB se direksie het reeds goedkeuring vir die transaksie verleen. Dit sal voortgaan indien GWK-aandeelhouers op 11 Augustus op ’n spesiale aandeelhouersvergadering ten gunste daarvan stem, en indien mededingingsowerhede dit goedkeur.
GWK en VKB het op 17 Julie 2020 vir die eerste keer voornemens vir samewerking aangekondig. Op 8 Julie vanjaar is ’n voorgestelde transaksie vir samesmelting van die twee maatskappye aan GWK-aandeelhouers bekend gemaak.