Ons sit kos op die tafel vir baie mense, veral minderbevoorregtes. Eiers is een van die goedkoopste proteïenbronne in Suid-Afrika en daarom een van die land se grootste voedselbronne, naas byvoorbeeld mielies. Eiers het baie voedingswaarde. Met twee eiers per dag kan jy ver kom.
Ons verkies die Hy-line Silver en die Amberlink, maar daar is deesdae nie eintlik meer ’n verskil tussen die drie goeie rasse nie (die ander een is die Lohmann-Brown). Dit gaan eerder oor hoe jy voer en probleme, soos tem- peratuur, bestuur.
Met produksiekoste wat bly styg, moet jy alles uit die hoender haal wat jy kan. Dit is om ’n eier per dag te produseer, maar daarvoor is goeie voeding nodig. Teelmateriaal het al baie verbeter, want vroeër jare het jy nie-produktiewe henne op 65-70 weke verkoop.