Ek is nog ’n nuweling in die bedryf, maar ek het iets gesoek om mee te diversifiseer, want dit gaan soms moeilik in die wynbedryf. Die tafeldruifboere rondom my het rosyntjies begin maak van kultivars wat nie meer goed vaar op die uitvoermark nie, en ek het die bedryf begin ondersoek. Ek plant nou al drie jaar rosyntjiekultivars.
Sowat twee derdes van my aanplantings is Selma Pete en die res is Thompson Seedless (sultanas). Aanvanklik het mense gesê die druiwe gaan nie droog word in ons omgewing nie, maar ek het nog nie probleme ondervind nie.
Die nuwe kultivars, soos Selma Pete, het omtrent 20% minder sap as wyndruiwe. Dit droog dus baie gouer en bars ook nie as dit reën kry nie. Sultanas is wel ’n risiko, want dis moeiliker om te droog en bars as dit reën.