Die aanplanting sal help om die habitat te vernuwe, biodiversiteit te bevorder en koolstof vas te vang. Sowat 300 onmiddellike werkgeleenthede word geskep.
Volgens die omgewingskonsultant mnr. Anthony Mills van AfriCarbon, wat die projek in die Oos-Kaap bestuur, word meer as 25 miljoen spekboomsteggies gedurende die eerste 18 maande geplant. Uiteindelik word beoog om ’n miljoen hektaar afgetakelde spekboomveld te herstel.
“Van die grond in die reservaat is, soos wat in groot dele van die Oos-Kaap gebeur het, uitgetrap deur 150 jaar se onvolhoubare bokboerdery,” sê Mills. “Die blote verwydering van vee is nie genoeg om die veld te laat herstel nie.”