Só fyn is hierdie insekte se sensoriese waarnemingsvermoë dat hulle selfs kan onderskei tussen verskillende soorte kanker.
Só het ’n span navorsers van die Michigan-staatsuniversiteit in Amerika bevind. Hulle meen dit is moontlik om insekte se sensoriese neurone in te bou in nuwe mediese toestelle.
Hulle wil een ontwikkel waarmee die voorkoms van kanker vroeg gediagnoseer kan word deur net pasiënte se asem te toets. Kankerselle skei ander chemiese verbindinge as gesonde selle af terwyl dit ontwikkel.