Testamente moet uitvoerbaar wees en uiteengesit word soos die testateur dit verkies. Dit bestaan gewoonlik uit legate en die restant. Legate is daardie spesifieke bates wat aan spesifieke persone, instellings of trusts vererf word, en die restant vererf gewoonlik na sekere persone, instellings of trusts in spesifieke persentasie gedeeltes.
Sommige testamentopstellers versoek bloot van die testateur: “Wat het jy en vir wie wil jy dit gee?” Daar word geen risiko’s in berekening gebring nie, want alle fasette word nie holisties in ag geneem nie.
Die emosionele aspekte word boonop totaal buite rekening gelaat. Die erfenisse word nie met die erfgename, meestal die kinders, deurgepraat nie.