Op die grootste internasionale landbouskou wat vroeër vanjaar in Frankryk gehou is, het ’n vergrote Europese mark reeds sy eerste gestalte begin aanneem.
Op die tydstip dat Frankryk sy arms oopgooi om Brittanje (saam met Noorweë, Denemarke en Ierland) in die vergrote Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) te verwelkom, is hy terselfdertyd besig om sy deure oop te maak vir ekonomiese mededinging op landbougebied.
Maar dat die Franse op landbougebied deeglik hul man teen hul huidige en toekoms- tige EEG-vennote sal kan staan, het duidelik geblyk op die internasionale salon van landbouprodukte en -aangeleenthede.