Met ’n selfgeboude, tipies outydse waterwiel span hierdie boer die standhoudende water op sy plaas in om sy eie kragopwekker jaar in en jaar uit aan die gang te hou.
Boere in gebiede met ’n hoë reënval of met ’n standhoudende fontein besef nie watter onguns hulle hul beursies bewys deur sulke water nie vir die opwekking van elektriese krag te gebruik nie, sê mnr. Piet Goosen van die plaas Saamwerk, hoog in die suidelike voorheuwels van die Drakensberge by Barkly-Oos.