AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

TWK bou voort op sukses

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
TWK Agri se kleinhandel-en-meganisasie-afdeling het vanjaar uitstekende resultate behaal. Foto: Argief
TWK Agri se kleinhandel-en-meganisasie-afdeling het vanjaar uitstekende resultate behaal. Foto: Argief
Stewig soos sy timmerhout het TWK Agri vanjaar die probleme van die pandemie getrotseer.

Dié gediversifiseerde landbou-en-bosbougroep, TWK Agri, het in die boekjaar tot einde Augustus sy beste wins ooit aangeteken. Sy inkomste het met 15,3% tot R8,9 miljard verbeter, terwyl sy bedryfswins met ’n stewige 66,8% tot R491 miljoen gestyg het.

Die maatskappy het ondernemings in die landbou-, graan-, finansiëledienste- en motorbedryf en bedrywighede in verskeie provinsies en Eswatini. Hy was die eerste maatskappy wat op 30 September vanjaar op die hernoemde Kaapstadse Aandelebeurs (CTSE), voorheen bekend as 4 Africa Exchange (4AX), genoteer het en het ook ’n tweede notering op A2X Markets op 30 November aangekondig. Dié dubbele notering sal volgens mnr. Eddie Fivaz, finansiële hoof, nuwe beleggers werf, sy aandeelhouersgrondslag verbreed en vir die maatskappy groter likiditeit verskaf.

Die wye verskeidenheid bedrywe waarby TWK betrokke is, het die maatskappy se groei die afgelope paar jaar aangedryf en is volgens mnr. André Myburgh, uitvoerende hoof van TWK, ook die sleutel tot sy veerkragtige hantering van die probleme van covid-19.

TWK het onlangs sy bedrywighede verder gediversifiseer deur die mark vir hernubare energie te betree. Sy maatskappy, Roofspace Rental Group, huur ruimte op winkelsentrums se dakke waar hy sonpanele installeer en die elektrisiteit wat hy opwek, aan gebruikers verkoop. Dié afdeling het vanjaar ’n inkomste van R3,41 miljoen verdien. Dis ’n klein inkomste teenoor TWK se ander afdelings soos bosbou, wat in dié boekjaar R1,88 miljard verdien het. Wat egter belangrik is om dop te hou, is dat die afdeling vir hernubare krag ’n wins ná belasting van R0,67 miljoen verdien het, wat ’n aantreklike marge van 19,74% verteenwoordig.

Myburgh skryf vanjaar se goeie wins- en inkomste-syfers toe aan ’n groter aanvraag na TWK se houtprodukte, veral uit die mynbousektor, uitstekende handelstoestande, hoër volumes kunsmis wat verkoop is, en die verkryging van twee nuwe ondernemings: Sunshine Seedlings en Peak Timber.

Vulstasies

Moeilike marktoestande het egter ’n demper geplaas op die vertoning van die groep se vulstasies, waar verdienste voor rente, belasting, waardeverminderings en afskrywing (ebitda) met 25,8% getuimel het tot R23,8 miljoen. Die motor-en-bande-afdeling het volgens Myburgh ook teleurstellende resultate gehad het. Dié afdeling, wat die Protea-bandegroep insluit, se inkomste het met 8,27% gestyg, hoofsaaklik danksy die verkryging van ’n nuwe handelaarskap en dus meer voertuie wat verkoop is.

Die graanafdeling se inkomste het in die boekjaar tot einde Augustus met 33,6% gestyg, terwyl die kleinhandel-en-meganisasie-afdeling sy inkomste met 17,6% verbeter het. TWK se afdeling vir finansiële dienste wat onder meer krediet aan boere en die eienaars van bosbouplantasies verskaf, se inkomste het met 4,9% tot R182 miljoen verbeter.

“Ons het ons veerkragtigheid bewys om in die ‘nuwe normaal’ welslae te behaal en ons sal voortgaan op ons groeipad,” sê Fivaz. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot