Die geld (jou premie) wat ’n mens in ’n uittree-annuïteit (UA) belê, is belastingaftrekbaar van belasbare inkomste, tot soveel as 27,5% of R350 000 per jaar. Kom ons sê jou belastingkoers is 40%, dan betaal jy effektief net R60 van elke R100 wat jy spaar. Jan Taks spaar vir jou die res.
Dit is dus ’n baie sinvolle manier om vir jou oudag te spaar. Nou hoekom dan nie ook vir jou vrou ’n UA uitneem nie? Jy kan, maar daar is ’n vangplek. Die belastingaftrekking kan net gedoen word teen belasbare inkomste.
En as jou vrou nie ’n inkomste verdien nie (ten minste ’n inkomste wat verklaar word), het sy nie die aftrekking nie. Geen inkomste, geen belastingaftrekking. Wat van ’n trust?