Boere ag dikwels hul boerdery as ’n “aftreeplan”. Die verwagting word geskep dat wanneer die volgende generasie die besigheid oorneem, hulle sal voortgaan om die daaglikse uitgawes van die boer en sy gade te dra.
’n Praktiese voorbeeld illustreer dat hierdie situasie nie ideaal is nie:
Boer A en sy gade handhaaf ’n gemaklike lewenstandaard wat deur die boerdery finansier word. Hulle het twee kinders, C en D. C studeer om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word en beoog om in Brittanje te gaan werk nadat haar studies voltooi is.