AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Uitvoere: Swak tydsberekening vir SEB-briewe, sê Van der Rheede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die tydsberekening van 'n onlangse skrywe wat die raad vir uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) aan boere gestuur het om te vra dat hulle hul AgriSEB-sertifikate indien, word bevraagteken.

Dit maak nie sin om boere te dreig met die weerhouding van uitvoerpermitte oor AgriSEB, terwyl Suid-Afrika elke sent buitelandse valuta nodig het nie, sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA. Hy het gereageer op ’n onlangse skrywe wat die raad vir uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) aan boere gestuur het om te vra dat hulle hul AgriSEB-sertifikate indien.

In die eerste brief gedateer 19 Oktober wys die PPECB daarop dat die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (Wet 53 van 2003) van staatsinstellings verwag om SEB toe te pas. Boere word ook herinner dat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling SEB-voldoening as kriterium moet gebruik met die besluit om uitvoerpermitte en -kwotas toe te ken.

skermgreep
'n Skermgreep van die brief wat 19 Oktober gedateer is

Die AgriSEB-toepassingsriglyne is ontwikkel teen die agtergrond van wysigings aan die BBSEB-wet en -kodes en volgens die PPECB moet ’n BBSEB-gradering gedoen word om te bevestig dat uitvoerders aan die telkaartvereistes van gespesialiseerde bedrywe voldoen soos afgekondig in die Staatskoerant (uitgawe 38766).

In ’n opvolgbrief op 20 Oktober sê die PPECB dat die data bloot gebruik gaan word om die sektor as ’n geheel se voldoening aan AgriSEB te meet. Die organisasie sê die data gaan nie gebruik word om individuele produsente se voldoening te evalueer nie en dat die inligting nie gebruik sal word om voldoening af te dwing of om aan individue voorskrifte te maak oor SEB nie.

Boerderye se SEB-vlakke sal dus nie ’n rol speel in die uitreiking van uitvoerpermitte of die toeken van kwotas nie.

Beleggersvertroue

Van der Rheede sê sulke navrae dra nie by tot beleggersvertroue in ’n sektor wat tans gebuk gaan onder erge ekonomiese probleme nie. Elektrisiteitsvoorsiening is problematies, brandstof en ander insette is peperduur en om die landbou-omgewing nou nog verder te burokratiseer kan vir baie produsente die finale strooi wees.

Hoewel Agri SA die strewe na ’n inklusiewe landbousektor ondersteun, sê Van der Rheede daar moet eerder moeite gedoen word om ’n sake-omgewing te skep waarbinne die sektor kan gedy en uitbrei om ruimte te skep vir nuwe toetreders.

“Die staat moet nou saam met die private sektor werk maak van gemengde finansiering met geduldige rente wat dit vir kommersiële boere moontlik sal maak om opkomende boere se hande te vat en saam boerderye op die been te bring, nie rompslomp wat boere laat voel hulle gaan gestraf word as hulle nie deelneem nie.”

Mnr. Piet Engelbrecht, voorsitter van Agri Limpopo, wat met uitvoersitrus in die Loskopvallei boer, beveel aan dat boere die vorms invul en, soos Van der Rheede sê, met Agri SA skakel as SEB-voldoening in hierdie stadium teen hulle tel wanneer permitte en kwotas toegeken word. 

*PPECB het later in die week kommentaar hierop gelewer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot