Die besteebare inkomste van verbruikers in Suid-Afrika gaan in 2022 onder druk kom. Hoër brandstofpryse wat tot hoër voedselpryse en gevolglik toenames in inflasie kan lei, gaan onder meer die oorsaak wees dat die Reserwebank gedwing sal wees om vanjaar verdere stygings in die repokoers aan te kondig.
’n Hoër repokoers lei tot hoër rentekoerse en laer verbruikersbesteding. As verbruikers minder bestee, neem inflasie af omdat die vraag na verbruikersgoedere afneem. Dié faktore beteken verbruikers gaan ’n kleiner besteebare inkomste hê om op voedsel te bestee.
Die verwagte laer ekonomiese groeikoers en hoër inflasiekoers dui daarop dat verbruikers in 2022 armer kan wees. Dit voorspel niks goeds vir verbruikersbesteding nie.